Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Imbokodo struikel oor Russiese hekkie
Liske Lategan van die Suid-Afrikaanse vroue-sewesspan beur oor vir haar drie in die kragmeting met Rusland by die Kaapstad-sewestoernooi.Foto: Jaco Marais

Die aanmoediging van ’n opgesweepte skare by die Kaapstad-sewestoernooi was nie genoeg om die Suid-Afrikaanse vroue-sewesrugbyspan tot ’n eerste oorwinning in vanjaar se skouspel te voer nie.

Rusland het die Imbokodo, soos die nasionale vrouespan bekend staan, Saterdag met 33-12 geklop.

Die tuisspan was eerste op die telbord toe Liske Lategan gaan druk het. Die Russe het egter kort daarna met hul eerste drie geantwoord, ná ’n verbroude duikslag deur die Suid-Afrikaners.

Die probleem vir die Imbokodo was dat Rusland omtrent al die balbesit, veral in die eerste helfte, geniet het. Om die heeltyd te verdedig in sewes, is ’n bykans onbegonne taak.

In die tweede helfte het die Imbokodo meer van die bal gesien en toe Megan Phillips oorgeduik het, was die skare op hul voete.

Maar op die einde was die hekkie net-net te hoog vir Imbokodo, wat beslis nie verneder is nie.

Puntemakers

Rusland 31 (19): Drieë: Alena Mikhaltsova, Baizat Khamidova, Elena Zdrokova (2), Daria Noritsina. Doelskoppe: Kristina Seredina (3).

Suid-Afrika 12 (5): Drieë: Liske Lategan, Megan Phillips. Doelskop: Nadine Roos.


* Suid-Afrika se laaste groepwedstryd is om 16:03 teen Fidji. Nieu-Seeland het die Imbokodo Vrydag, in die eerste groepwedstryd, met 40-0 verslaan.

Meer oor:  Sewes  |  Kaapstad-Sewestoernooi  |  Imbokodo  |  Rusland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.