Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Inperking: Van skaap optel tot bakkie sleep
Nadus Nieuwoudt, die Kings se krag-en-kondisioneringsafrigter, is ’n ywerige bergfietsryer. Foto: Facebook

Ek daag jou uit om beter te vaar!

Elke oggend kry die spelers van die Southern Kings se rugbyspan ’n WhatsApp waarin hulle deur hul krag- en kondisioneringsafrigter, Nadus Nieuwoudt, uitgedaag word.

Dié uitdagings het nou al iets geword waarna sommige van die spelers baie uitsien. Ander maak die uitdaging maar bra skrikkerig oop.

Maar almal stem saam dat dit iets is wat help om ’n bietjie afleiding en vermaak gedurende die inperking te verskaf.

Nieuwoudt sê sy uitdagings is ’n prettige manier om te help dat die spelers fiks bly.

“Net voor die inperking het van die spelers van ons gimnasium-toerusting uitgeteken. Nie almal het gewigte en goed nie, en ons sou ons aanvanklik meer op gimnasium-tipe werk tuis toegespits het.”

So, elke speler het sy program gekry toe hulle huis toe gestuur is.

Ter aanvulling het Nieuwoudt egter begin om uitdagings tot die spelers te rig.

JT Jackson, agterspeler van die Kings, oefen met ’n skaap gedurende die inperking. Foto: Skermgreep

“Ek het byvoorbeeld die een dag squats (hurksitte) met my seun op my skouers gedoen. Dit het onder meer daartoe gelei dat JT Jackson met ’n skaap squat, en so aan.

“Elke dag het ’n ander tema. Onlangs het ek byvoorbeeld die Argus (Kaapse fietstoer) op my spin-fiets gedoen en die ouens uitgedaag om iets soortgelyks aan te pak.”

Nieuwoudt sê nie almal het toegang tot dieselfde geriewe nie. Party woon in huis met erwe, ander het nie erwe nie, terwyl ander weer op plase of in woonstelle is.

“Dis interessant om te sien hoe die ouens die uitdagings aanpak of aanpas. Party ouens sleep bakkies in hul erf se oprit rond en so aan,” sê hy.

Die spelers het ook vrywillig ’n app afgelaai waarop hy hul vordering kan volg.

“Dit help my om beter kontak met die speler te behou,” verduidelik hy.

Volgens hom is dit nodig om spelers, wat daaraan gewoond is om enigiets van ses tot agt ure “buite te oefen”, met oefeninge besig te hou.

“Dis maklik om depressief te raak. Ons moet ook aan ons gemoedstoestand werk,” sê hy.

* Kyk hier hoe oefen JT Jackson met ’n skaap

Meer oor:  Koronavirus  |  Pro14  |  Kings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.