Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Is die ref f****n blind?’ wou Erasmus weet
Trevor Nyakane ná die besering wat sy toernooi beëindig het.

Rassie Erasmus was by die Wêreldbeker-toernooi meer ontgogel oor die praatjies van ’n “afjak” wat Makazole Mapimpi glo van die Bokke se “Bomb Squad” (die plaasvervangers) gekry het ná die toets teen Italië, as oor die nederlaag teen Nieu-Seeland.

In die derde episode van Chasing the Sun, die dokumentêr oor die seevierende Springbokke, wat vanaand 18:00 op M-Net uitgesaai word, vertel Erasmus hoe ontsteld hy was oor die snert wat op sosiale media oor Mapimpi geskryf is.

“Dit het die wind uit my seile gevat. Waar het dit vandaan gekom.”

Die episode, wat Mapimpi en Lukhanyo Am die kans gee om vir die eerste keer hul kant van die storie te vertel, ontbloot hoe verkeerd diegene was wat die Bokke veroordeel het, asook diegene wat tweespalt in die Bokkamp wou veroorsaak.

Die kameraskote wys net vir ’n paar sekondes die toneel – die “Bomb Squad” wat mekaar omhels ná die sege, en Mapimpi wat wegloop. Dit wys ook hoe Lood de Jager weggewys word deur die reserwes, maar dit is nooit in ag geneem nie.

“Ek het die ander spelers gesien en toe besef, eisj, dis die ‘Bomb Squad’, ” vertel Mapimpi. “Frans (Steyn) is ’n grapjas en ’n goeie ou. En hy het my weggewys – Mapimpi ons wil nie jou hier hê nie, dis die ‘Bomb Squad’ dié.

“Dieselfde ding het met Lood gebeur,” vertel Am verder, “Hy het na hulle toe geloop en hulle het hom weggewys, maar dit is nie (op die TV) gewys nie. As ’n span weet ons wat die ‘Bomb Squad’ is, maar vir die media het dit as ’n sensitiewe voorval oorgekom, ek verstaan dit.”

Erasmus erken dit het seergemaak.

“Die ergste ding wat ’n speler aan my kan doen, is om te sê die spelers ignoreer hom. Hierdie ou verteenwoordig alles wat ons wil regkry in Suid-Afrika. Hy het vir almal geveg, vir daai meisie wat vermoor is, vir sy ma, sy pa en sy broer. Hy het vir almal gespeel. Almal het Mapimpi liefgehad.”

Die episode wys ook beeldmateriaal van agter die skerms oor die nederlaag teen die All Blacks, en hoe gefrustreerd die Bokke met die blaser, Jérôme Garcès, was.

Daar is ook een oomblik waar Erasmus, nes stoere Bok-ondersteuners, die skeidsregter aanvat.

“Is die ref f****n blind?”

Meer oor:  Makazole Mapimpi  |  Wêreldbeker-Toernooi  |  Bomb Squad  |  Afjak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.