Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Is laksheid rede vir Simelane se ‘kwyning’?

Is laksheid die rede waarom die Leeus se opkomende ster-senter Wandisile Simelane hom in die wildernis bevind?

Foto:

Simelane was in verlede jaar se Curriebeker-reeks die Goue Leeus se eerstekeuse-senter en hy het voor dit ook ’n handjievol Super-wedstryde vir die Leeus gespeel, met Lionel Mapoe wat meestal in die beginspan was. Met Mapoe wat koers Frankryk toe gekies het, is daar verwag dat Simelane sy plek in die Leeus se Super-span sou vul.

Die Leeus se nuwe afrigter, Cash van Rooyen, het hom egter uit sy 23-tal gelaat wat in die Superheld-Sondag-wedstryd teen die Bulle gespeel het, met Simelane wat saam met die tweede span twee dae voor dit op Loftus Vers­feld teen die Blou Bulle kragte gemeet het.

Simelane was ook nêrens te siene toe die Leeus hul groep vir die kragmeting teen die Jaguares verlede week in Buenos Aires bekend gemaak het nie. Toe die vraag geopper is, het ’n Leeus-woordvoerder gesê hy “bly tuis om reg te wees vir die eerste tuiswedstryd teen die Reds”.

Dié week was hy weer afwesig, met Duncan Matthews wat vir ’n derde agtereenvolgende wedstryd saam met Dan Kriel in die middelveld gekies is.

Toe Van Rooyen die week oor Simelane gevra is, het hy per WhatsApp-boodskap geantwoord: “Hy is nie beseer nie. Hy is besig om hard te werk sodat hy reg is wanneer hy sy kans kry. Groete.”

Terwyl niemand by Ellispark dit wil bevestig nie, word daar onder die spelers bespiegel dat Simelane in die voorseisoen nie die nodige fiksheidsvoorbereiding gedoen het nie.

Simelane het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. 

Meer oor:  Leeus  |  Wandisile Simelane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.