Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Italië pak Iere met 2 flanke van SA
Johan Meyer vir Zebre in aksie. Foto: Getty Images

Italië sal op twee Suid-Afrikaanse flanke kan staatmaak in sy toets Saterdag teen Ierland op Soldier Field in Chicago.

Die oud-Suid-Afrikaanse losvoorspeler Johan Meyer is die enigste nuweling in Italië se span wat die Iere die stryd sal aansê. Braam Steyn is sy flankmaat.

Meyer, wat die afgelope drie jaar vir die Italiaanse Pro14-span Zebre speel en op grond daarvan kwalifiseer om vir sy aangenome land te speel, en Steyn se paadjies na die Italiaanse nasionale span het deur die Haaie se akademie in Durban geloop.

Meyer was by Queen’s College in Queenstown in die Oos-Kaap op skool en het Grens se junior spanne in sy skooldae verteenwoordig.

Hy het ná skool by die Haaie se junior strukture ingeval en het sporadies vir die unie se spanne gespeel voordat hy sy tasse in 2015 vir Italië gepak het.

Dié bielie (1,93 m en 104 kg) is sedertdien ’n staatmaker vir Zebre en tref die oog met sy stormlope, verdediging en werkverrigting by die afbreekpunte.

Dié bielie (1,93 m en 104 kg) is sedertdien ’n staatmaker vir Zebre en tref die oog met sy stormlope, verdediging en werkverrigting by die afbreekpunte.

Steyn, ’n oudleerling van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, is al ’n bekende gesig in Italië se span.

Steyn, wat ook lid van die seëvierende Junior Springbokspan van 2012 was, het al 21 keer vir die Azzuri uitgedraf sedert hy sy buiging in 2016 gemaak het.

Dié twee Boere-Italianers gaan egter hul hande vol hê om Ierland se verwoede aanslag voorlangs te stuit.

Conor O’Shea (middel), Italië se afrigter. Foto: Getty Images

Conor O’Shea, Italië se Ierse afrigter, is hoopvol sy jong span kan ’n goeie indruk teen die Iere maak.

“Ons het ’n moeilike uitdaging teen Ierland, maar ons sal alles op die veld gee. Ons het ambisie en dit gaan vir ons belangrik wees om ’n sterk fisieke vertoning te lewer.”

Italië sal in die wedstryd sonder talle van sy voorslag-spelers moet klaarkom. Die afwesigheid van sy talisman en kaptein, die agtsteman Sergio Parisse, sal sekerlik die grootste leemte laat.

Ná Saterdag se toets teen Ierland sal Italië met Georgië, Australië en Nieu-Seeland kragte meet.

 Bykomende bron: Reuters

Italië se span:

 Luca Sperandio, Mattia Bellini, Michele Campagnaro (kn), Luca Morisi, Giulio Bisegni, Carlo Canna, Tito Tebaldi, Rento Giammarioli, Braam Steyn, Johan Meyer, George Fabio Biagi, Marco Fuser, Tiziano Pasquali, Luca Bigi, Nicola Quaglio; PLAASVERVANGERS: Oliviero Fabiani, Cherif Traore, Giosue Zilocchi, Marco Lazzaroni, Federico Ruzza, Jimmy Tuivatti, Guglielmo Palazzani, Ian McKinley.

Meer oor:  Conor O'shea  |  Ierland  |  Italie  |  Toets  |  Suid-Afrikaners  |  Rugby  |  Flank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.