Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Itoje moet Britse Leeus teen Bokke lei’
Die nuwe kaptein van die Britse en Ierse Leeus? As dit van sir Ian McGeechan afhang, moet Maro Itoje volgende jaar die span na Suid-Afrika lei. Foto: Getty Images

Sir Ian McGechan sê die Engelse slot Maro Itoje moet die Britse en Ierse Leeus volgende jaar op hul toer deur Suid-Afrika lei.

Volgens McGeechan, wat die Leeus in drie toere afgerig het, is daar ook steeds ’n rol vir die veteraan Alun Wyn Jones om by die Leeus te speel.

“Jones sal waarskynlik nie die uitsoekspan haal nie, maar hy kan die span wat in die week speel se kaptein wees,” skryf McGeechan in The Daily Telegraph.

McGeechan voorspel egter groot dinge vir Itoje.

“Hy was baie invloedryk in die reeks in 2017 teen die All Blacks. Hy groei met elke wedstryd en druk sy stempel in groot wedstryde af,” sê McGeechan.

Sir Ian McGeechan was op sy dag een van die mees suksesvolle afrigters van die Britse en Ierse Leeus gewees. Foto: Getty Images

“Hy is baie betrokke by die spel en sy dissiplinne is uitstekend.”

Volgens McGeechan moet jy die Suid-Afrikaanse voorspelers voorlangs die stryd aansê en is dit geen toeval dat die kapteins van die vorige vier Leeu-toere na dié land almal slotte was nie.

Willie John McBride was in 1974 die kaptein, Bill Beaumont in 1980, Martin Johnson in 1997 en Paul O’Connell in 2009.

McGeechan beveel ook aan dat die huidige Leeus-afrigter, Warren Gatland, gerus daaraan kan dink om slotte wat ook flank kan speel vir die toer te kies.

Die slotte wat hy – buiten Itoje en Jones – hoog aanslaan is James Ryan, Jonny Hill, Scott Cummings, George Kruis en Quin Roux.

– Sportredaksie

Meer oor:  Maro Itoje  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.