Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ixias, Ikeys speel gelykop ná doodsnikdrie

’n Drie reg teen die einde deur Ikeys het hulle van rooi gesigte gespaar in hul Varsitybeker-rugbykragmeting teen die Ixias Maandag in Bloemfontein.

Die Ixias se losskakel, Niell Stannard, laat loop die bal Maandag in Bloemfontein. Foto: Varsity Sports

Die Ikeys se losskakel, James Tedder, het boonop met die doelskop geslaag om die telling op 44-44 te laat eindig.

Die Ixias kan hulself skop dat hulle nie gewen het nie. Hulle was teen rustyd gerieflik met 37-14 voor, maar het die Ikeys toegelaat om terug te kom.

Die Bloemfonteiners het aanvanklik al die speelwerk gedoen en die Ikeys moeg gehardloop, met hul skrumskakel, Xavier Swartbooi, en die heelagter, Cohen Jasper, aan die voorpunt.

Wanneer dié twee aan die hardloop gegaan het, het die Ikeys nie mooi geweet wat hulle getref het nie.

In die tweede helfte het die Ixias konsentrasie verloor en die Kapenaars toegelaat om terug in die wedstryd te kom.

Ikeys het drie vinnige drieë gedruk en kort voor lank was die telling 37-elk. Daarna het die verdoelde drie in die doodsnikke die besoekers gered.

Die Kapenaars se beste speler was Tedder. Hy is ’n sterk hardloper wat sy agterlyn goed weggestuur het.

Puntemakers:

Ikeys 44 (14): Drieë: Liam Furniss (2), Cuan Hablutzel, James Tedder (sewepunt-drie), Gary Porter, Josh van Vuuren. Doelskoppe: James Tedder (6).

Ixias 44 (37): Drieë: Luvuyo Ndevu (sewepunt-drie), Neill Stannard, Philippus Krugel (sewepunt-drie), Christiaan Nel (sewepunt-drie), Janus Venter, Niell Stannard. Doelskoppe: Cohen Jasper (4).

Meer oor:  Varsitybeker  |  Ixias  |  Ikeys  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.