Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ixias jag teen Wits derde sege in ’n ry

Die Ixias is na ’n paar blink vertonings hoopvol om vir die eerste keer drie agtereenvolgende oorwinnings in die Varsitybeker-rugbyreeks te behaal.

Varsitybeker
Varsitybeker

Hulle kom Maandag in Bloemfontein te staan teen Wits, wat behalwe vir ’n gelykopuitslag nog onoorwonne vanjaar is.

Behalwe dat die Ixias nog nooit drie wedstryde agtereenvolgens kon wen nie, kon hulle ook nog nooit met Wits afreken nie.

“Ons is vol vertroue. Wits speel baie goed en het bestendigheid met spelers en afrigters,” sê Pieter Bergh, die tuisspan se afrigter.

“Maar ons verdediging is goed en ons is baie beter op die aanval as verlede jaar. Ons het gevaarlike spelers wat Wits sal beproef.”

Die Shimlas se kaptein en senter, William Eybers, is ná ’n afwesigheid van twee wedstryde terug op sy pos vir sy span se kragmeting met Ikeys Maandag in Kaapstad.

Eybers, wat herstel het van ’n dyspierbesering, sê hulle maak hulle klaar om in kwaai wind te gaan speel.

Die Shimlas kan nie meer die uitspeelwedstryde haal nie, maar sal graag aansien wil herwin nadat hulle met die vorige wedstryd teen die Universiteit van Johannesburg die eerste keer vanjaar aan die wenkant was.

Hulle speel sonder enige relegasievrese ook sonder eniger druk wat die Ikeys lugtig sal hê.

Meer oor:  Shimlas  |  Varsitybeker  |  Ixias  |  Wits  |  Ikeys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.