Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ixias skok Maties in Varsitybeker
Niell Stannard, senter van die Ixias, probeer uit die hande van Maties se skrumskakel, Lian du Toit, bly. Foto: Gallo Images

Die Ixias het Vrydag in Pretoria met sy sege oor die magtige Maties vir die grootste skok in die geskiedenis van die Varsitybeker-rugbyreeks gesorg.

Die vlugvoetige Cohen Jasper (heelagter) het in die doodsnikke van die wedstryd vir die Bloemfonteiners gaan druk om met 23-18 te wen.

Die wenspan moes vir dié sege sweet. In die eerste helfte was die Maties baas in die lynstane, met hul slot Dylan de Leeuw wat verwoed op die Ixias se ingooi meegeding het.

Boonop het die Ixias se haker, Janus Venter, by meer as een geleentheid nie sy springers gevind nie.

Teen rustyd was die telling 15-0 in die Stellenbossers se guns.

Maar in die tweede helfte was die Ixias daarop uit om te wen. Hulle het balbesit oorheers en in die Maties se helfte van die veld geboer.

Charles Williams, losskakel van die Ixias. Foto: Gallo Images

Toe die Ixias se senter Heino Bezuidenhout in die 56ste minuut oorduik, was die telling 15-15. Toe was dit ’n naelbyt-affêre soos min.

Kort daarna het die Ixias danksy ’n strafdoel deur Charles Williams (losskakel) die eerste keer die voortou geneem. Dit was nie lank nie toe jaag Williams se eweknie, Christopher Schreuder, ook een deur die pale om die telling 18 elk te maak.

Maar Ixias, wat ’n paar jaar gelede nog die agterosse in die reeks was, se begeerte om te wen, was net te groot. Toe Jasper in die doodsnikke oorduik, het jy geweet hier is ’n span wat vanjaar die titel kan wen.

Dit was boonop die eerste keer dat die Bloemfonteiners daarin kon slaag om Maties in die reeks te klop.

Puntemakers:

Ixias 23 (0): Drieë: Hans Terblanche, Heino Bezuidenhout, Cohen Jasper. Doelskop: Charles Williams. Strafdoele: Williams (2).

Maties 18 (15): Drie: Lian du Toit (sewepunt-drie). Doelskop: Christopher Schreuder. Strafdoele: Schreuder (3).

 
Meer oor:  Cohen Jasper  |  Bloemfontein  |  Pretoria  |  Stellenbosch  |  Loftus  |  Rugby  |  Varsitybeker-Reeks  |  Ixias  |  Maties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.