Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ixias spog nou met oud-Blitsbok

Die Ixias se Varsitybeker-veldtog vir 2020 het ’n vroeë inspuiting gekry met die nuus dat die voormalige Blitsbok Heino Bezuidenhout sy gewig by hulle ingegooi het.

Dié boorling van Roodepoort, wat die Suid-Afrikaanse Skolespan in 2015 verteenwoordig het, het reeds ’n paar rugbydraaie geloop sedert sy skooldae in Uitenhage in die Oos-Kaap.

Heino Bezuidenhout in aksie op die Hongkong-sewestoernooi in 2018. Foto: Getty Images

Hy het die Blitsbokke in vier toernooie van Wêreldrugby se sewesreeks verteenwoordig en ook in 2018 se Wêreldbeker-sewestoernooi gespeel.

Tussendeur het hy by Tuks gestudeer en ook vir Pretorianers in die Varsitybeker-reeks gespeel, maar erken “ek het meer rugby gespeel as om te studeer”.

’n Lastige rugbesering het sedertdien sy Blitsbok-drome eers op die agtergrond geskuif en hom laat besluit om in Bloemfontein by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) op sy studies te kom fokus.

Die groot ding is dat ’n mens nie talent nodig het vir harde werk nie.
Heino Bezuidenhout

Bezuidenhout (22) het in Junie met ’n diploma in inligtingstegnologie by die SUT begin en sal in Januarie met sy studie in siviele ingenieurswese begin.

Toe die geleentheid hom voordoen om weer rugby te speel, het hy nie nee gesê nie.

“Hoewel ons almal studente is, is dit is eintlik baie professioneel hier by die Ixias. Ek het eintlik nie gedink ek gaan dit so baie geniet nie,” sê Bezuidenhout, wat senter in vyftienman-rugby speel.

Hy hoop om dit wat hy in sy tyd by die Blitsbokke geleer het ook suksesvol in die nuwe hoofstuk van sy rugbyloopbaan toe te pas.

“Die groot ding is dat ’n mens nie talent nodig het vir harde werk nie. En dat goeie voorbereiding noodsaaklik is as jy sukses wil behaal,” sê Bezuidenhout.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Varsitybeker  |  Heino Bezuidenhout  |  Ixias  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.