Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jaer, De Bruin wis nie van Bok-nuus
Malcolm Jaer ken die pad na die doellyn baie goed en met sy bedrieglike vaart kan hy ’n aanwins vir die nasionale span wees. Foto: Gallo Images
Malcolm Jaer ken die pad na die doellyn baie goed en met sy bedrieglike vaart kan hy ’n aanwins vir die nasionale span wees. Foto: Gallo Images

‘n Amper vergete Cheetah het nou ‘n kans om by die Springbok-proewe betrek te word. Die heelagter Malcolm Jaer bevind hom op ’n lys van spelers waaruit twee spanne gekies gaan word om aan Springbok-proewe deel te neem.

Hy was Saterdag salig onbewus dat hy die aanvanklike groep van 93 gehaal het, maar toe die boodskappe van gelukwensing op sy foon op die gholfbaan – waar hy en sy spanmaat Rosko Specman ’n potjie gholf gespeel het – begin deurkom het, het hy besef wat aan die gebeur is.

Jaer moes aan die begin van die Pro14-seisoen verneem dat hy nie deel van die Cheetahs se planne vir die seisoen was nie en het hom by die sewes-akademie aangesluit.

“Ek weet dis net die groep waaruit die twee spanne gekies moet word, maar dit is steeds ’n groot verrassing vir my. Dit wys net daar word tog na my gekyk en daar is belangstelling in my, dat my naam darem nog genoem word, en dit voel lekker,” sê Jaer.

Die 27-jarige Jaer het in 2017 met groot belofte van die Southern Kings by die Cheetahs aangesluit en het selde teleurgestel. Hy is wel een van die franchise se ongeluksvoëls, want die beseringspook kan hom eenvoudig nie uitlos nie.

“Dis ’n ongelooflike gevoel om selfs net in die groep te wees of sal ek liewers sê om jou naam te sien in ’n Springbok-opset. Ek het nie geweet hulle kondig die groep Saterdag aan nie en was verbaas toe mense my begin gelukwens het.

“Ek het eers ná 17:00 gesien presies waaroor alles gegaan het.”

Nog ’n verrassing in die groep is dié van die stut Luan de Bruin (27), wat sy insluiting glad nie verwag het nie. De Bruin, wat ook al kwaai onder die beseringspook deurgeloop het, het voor die Covid-19-pandemie goeie rugby vir die Cheetahs gespeel.

“Ek hoop en bid nou net vir die beste en om ’n kans te kan kry om daar te speel en te leer van die bestes. Dis natuurlik ’n groot droom om vir die Springbokke te speel.

“Ek dink as ’n ou die geleentheid kry om in so wedstryd te speel, dan moet jy dit met albei hande aangryp,” sê De Bruin.

Hy sê hy het nooit eers gedink dat hy die groter groep sou haal nie. Hy en sy vrou was in die winkel toe sy swaer hom gebel het om hom geluk te wens met sy insluiting in die groep en het aanvanklik nie werklik verstaan waaroor die oproep gegaan het nie.

Luan de Bruin het die afgelope Pro14-seisoen goeie rugby vir die Cheetahs gespeel, soveel so dat hy moontlik vir die Springbok-proewe gekies kan word. Foto: Gallo Images

“Maar ek was baie opgewonde en my hart het letterlik in my keel gesit, so ek hoop en bid nou vir die beste,” sê De Bruin.

• Rassie Erasmus, Saru se direkteur van rugby, en Jacques Nienaber, Bok-afrigter, sal Vrydagaand by die spelersloting om die beurt (volgens posisie) spelers kies vir die wedstryd tussen “Groen” en “Goud”, wat op 3 Oktober op Nuweland sal plaasvind.

Elke span sal uit ’n finale groep van 25 spelers bestaan. Deon Davids en Mzwandile Stick, albei Bok-hulpafrigters, sal die onderskeidelike spanne afrig.

Meer oor:  Cheetahs  |  Malcolm Jaer  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.