Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jaguares gedug, Chiefs tans kookwater

Die Jaguares speel Saterdagoggend vroeg (SA tyd) in Buenos Aires die eerste keer in hul kort Superrugby-geskiedenis gasheer vir ’n uitspeelwedstryd en hoewel hulle tans goed op dreef is, sal die Suid-Amerikaners lugtig vir hul Nieu-Seelandse teenstanders wees.

Die Chiefs sal oorloop van selfvertroue nadat hulle in hul laaste drie wedstryde klinkende seges oor die Reds, Crusaders en Rebels behaal het.

Boonop het hulle vroeër vanjaar met die Jaguares in Buenos Aires afgereken (30-27).

Sam Cane en sy Chiefs-spanmaats sal met hope selfvertroue in hul Superrugby-kwarteindstryd teen die Jaguares opdraf.Foto: Getty Images

Jeronimo de la Fuente, kaptein van die Jaguares, het op sy span se webwerf toegegee dat uitklopwedstryde teen Nieu-Seelandse wedstryde besonder moeilik is.

“Maar ons kry ’n gulde geleentheid om ons tuisvoordeel te benut. As ons verder wil vorder in dié kompetisie, moet ons enigiemand kan klop. Ons glo in ons vermoëns en het baie selfvertroue,” het hy gesê.

Die Jaguares, wat sedert 2016 Superrugby speel, het die afgelope maand egter self ook hul spiere gebult en hul laaste vyf kragmetings op ’n streep gewen. Drie van dié wedstryde was boonop in Australasië.

Richie Mo’unga, een van ’n rits All Blacks in die Crusaders se span, vandeesweek op die oefenveld in Christchurch.Foto: Getty Images

* Die stryd in die Estadio Jose Amalfitani skop Saterdag om 00:05 (SA tyd) af.

* Die span wat vanjaar die Superreeks wil wen, sal egter eers verby die magtige Crusaders moet kom.

Dié span kom Vrydagoggend (SA tyd) in Christchurch in die eerste kwarteindstryd teen die Highlanders te staan.

Die Crusaders hou baie rekords in Superrugby en een van die verstommende statistieke waarmee hulle kan spog, is dat hulle nog nooit ’n uitklopwedstryd in Christchurch verloor het nie. Boonop is hulle onoorwonne in hul laaste 28 wedstryde op Rugby League Park.

Die Highlanders het net-net vir die uitkloprondes gekwalifiseer en is die volslae buiteperd in dié kragmeting. Hulle sal egter hoop om hul All Black-heelagter en jare lange staatmaker, Ben Smith, se loopbaan by die Highlanders met minstens nog ’n week te verleng.

Hy gaan sy loopbaan ná die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk voortsit.

Die wenner van dié kwarteindstryd kom teen die wenner van die Hurricanes en Bulle se kragmeting te staan in die halfeindronde.

* Die wedstryd in Christchurch skop Vrydag om 09:35 af. Alle kwarteindstryde word regstreeks op SS 1 vertoon. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Highlanders  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Jaguares  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.