Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jaguares klop Haaie in eensydige stryd
’n Bekommerde breier: Robert du Preez wonder ná dese hoe hy die Haaie in die uitkloprondes van die Superrugbyreeks gaan kry. Foto: Getty Images

Die afstand tussen Durban en Buenos Aires word aangegee as 8 124 km.

Dit is hoe ver die Haaie verlede week gereis het om Saterdagaand (Suid-Afrikaanse tyd) ’n rugbyles by die Jaguares te kry.

Die Argentyne het die Haaie met 34-7 afgeslag en die Durbaniete was net nooit in die prentjie nie.

Nou is hulle ook skielik uit die prentjie wat die voorste agt plekke in die Superreeks en die uitspeelrondes betref.

Die Jaguares (46 ligapunte) het met hierdie oortuigende sege seker gemaak hulle kan nie meer ingehaal word in die Suid-Afrikaanse afdeling nie.

Die Jaguares (46 ligapunte) het met hierdie oortuigende sege seker gemaak hulle kan nie meer ingehaal word in die Suid-Afrikaanse afdeling nie en met net die swakste span in die reeks, die Sunwolves, wat nog Saterdag op hulle wag, behoort hulle algeheel tweede te eindig.

Daar wag ’n groot derbynaweek op die Suid-Afrikaanse spanne, met die Bulle (36) wat die Leeus (35) in Pretoria pak en die Haaie (33) wat Kaapstad toe reis om die Stormers (34) te pak.

Die twee wenspanne sal vir die uitspeelrondes kwalifiseer, maar sal dan hul tasse moet pak om weg te gaan speel.

Die Haaie moet voel hulle het net tyd gemors om al die pad Argentinië toe te vlieg, want hulle was net mooi nooit aanspraakmakers in die wedstryd nie. Die Jaguares het hulle oorweldig en was net te klinies en korrek.

Geen deurkomkans nie! Die Haaie se vleuel Makazole Mapimpi word Saterdagaand deur ’n Jaguares-verdediger vasgevat.Foto: Getty Images

Hulle is uitstekend afgerig en val meedoënloos aan en verswelg spanne met die een aanvalsgolf ná die ander. Verder is hulle baie stewig op die verdediging en die Haaie moes 67 minute lank wag om hul enigste drie te kon druk.

Die heelagter, Emiliano Boffelli, was skitterend en het die gapings in die Haai-verdediging met valkoë uitgesnuffel.

Hul agttal het as eenheid gefunksioneer en die Haaie in alle afdelings oorskadu. Die kloof tussen hierdie spanne was omtrent so groot soos die afstand tussen hul onderskeie stede.

Robert du Preez het net minder as ’n uur op losskakel gespeel voordat hy vervang is. Met sy agttal wat so oorskadu is, was sy hande afgekap om sy stempel op sake af te druk.

Die heelagter Curwin Bosch is kort voor die einde met ’n enkelbesering van die veld en die kans is groot dat hy nie Saterdag in die Kaap in aksie sal wees nie.

Die Haaie se afrigter, Robert du Preez, het nie ná die wedstryd enige kommentaar op sy span se vertoning gelewer nie.

Jaguares 34 (12): Drieë: Sebastian Cancelliere (2), Emiliano Boffelli (2) en Santiago Carrerras. Doelskoppe: Joaquin Diaz Bonilla (3). Strafdoel: Diaz Borilla.

Haaie 7 (0): Drie: André Esterhuizen. Doelskop: Curwin Bosch.

Meer oor:  Robert Du Preez  |  Durban  |  Buenos Aires  |  Superrugby  |  Jaguares  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.