Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jaguares sal hul ware kleure wys teen Boland
Die vleuel Tomas Cubilla is een van die Jaguares-vyftiental se gevaarlikste agterspelers. Hier probeer Cubilla vir Doug Fraser (23) van Kanada ontwyk in ’n wedstryd vroeër tussen ’n Argentynse-vyftiental en Kanada.Foto: Getty Images

Is die Jaguares-vyftiental regtig die driedrukmasjien waarna hy verlede week gelyk het, of sal die Argentyne hulle Saterdag teen die Boland-Kavaliers vasloop?

Dié Suid-Amerikaners het die Griffons verlede week in hul eerste wedstryd in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga met 50-43 in ’n opwindende stryd verslaan.

Saterdag speel hulle op die Fanie du Toit-veld in Potchefstroom teen die Kavaliers.

Die Bolanders was verlede week ook aan die wenkant toe hulle Grens met 31-20 geklop het.

Daardie oorwinning oor die Bulldogs was nie die Kavaliers se blinkste oomblik nie.

Hulle het vroeër in die SuperSport-uitdaagreeks veel beter vertoon.

Toe het hulle die halfeindronde gehaal, waar hulle deur die Pumas, uiteindelik ’n verslane finalis in die reeks, uitgeskakel is.

So, die Kavaliers kan dalk ’n beter toets vir die Argentyne wees as wat die Griffons was.

Die Kavaliers kan dalk ’n beter toets vir die Argentyne wees as wat die Griffons was.

Daar word Saterdag nog twee ander wedstryde in die Eerste Liga beslis.

In Port Elizabeth sal die Oostelike Provinsie-Olifante teen die Griffons op die wenpad probeer kom ná hul naelskraapse nederlaag van 12-15 verlede week teen die Luiperds.

Geoordeel aan die Griffons se hardlooprugby teen die Jaguares sal die Olifante ook maar hul keer moet ken.

In Oos-Londen kom Grens se Bulldogs op die Polisie-klub se veld teen die Valke te staan.

Die Valke is die gunsteling om dié kragmeting te wen.

* Die SWD-Arende speel al Vrydagaand op hul tuisveld in George teen die Luiperds.

Eerstelige-bepalings:
Vrydag: SWD-Arende t. Luiperds om 19:00 op Outeniquapark in George (Skeidsregter: Cwengile Jadezweni). Saterdag: Grens-Bulldogs t. Valke om 13:30 op Polisie se veld in Oos-Londen (Skeidsregter: Pablo Deluca); Jaguares-vyftiental t. Boland-Kavaliers om 14:00 op die Fanie du Toit-veld in Potchefstroom (Skeidsregter: Divan Uys); OP-Olifante t. Griffons om 15:00 in die Wlfson-stadion in Port Elizabeth (Skeidsregter: Paul Mente).

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Kavaliers  |  Eersteliga  |  Curriebeker  |  Jaguares  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.