Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jaguares smoor Bulle in reënweer
Cornal Hendricks, regtervleuel van die Bulle, word deur twee Jaguares in sy spore gestuit in die spanne se Superrugby-ontmoeting in Buenos Aires. Foto: Getty Images

So takties in die kol as wat die Bulle die vorige Saterdag in die Superrugby-reeks was, so swak was hulle benadering Sondagoggend (SA tyd) in Buenos Aires teen die Jaguares.

Dit het uitgeloop op ’n nederlaag van 12-27 vir die besoekers in ’n sopnat Estadio José Amalfitani.

Wanneer die toestande só haglik is en die bal seepglad, is dit gewoonlik wys om grotendeels sonder besit oor die weg te kom en te wag dat die ander span die foute begaan.

Dit was presies die Jaguares se bloudruk. Die Argentyne was direk en fisiek en het die Bulle deurgaans agter die voordeellyn geboelie.

Ondanks die eendeweer, was die Bulle met min of meer 60% van die besit vergeefs ambisieus op die aanval.

Dit het nooit gelyk of die Pretorianers naby die teenstander se doellyn kan kom nie, terwyl die Jaguares drie keer gaan afrond het.

Trouens, dit het nooit gelyk of die Pretorianers naby die teenstander se doellyn kan kom nie, terwyl die Jaguares drie keer gaan afrond het.

Dit het die tuisspan van ’n bonuspuntsege verseker.

Dit was op die keper beskou ’n teleurstellende poging van die Bulle ná die sterk begin teen die Stormers.

Twee van die Suid-Amerikaners se drieë het gekom van treurige verdediging deur die Bulle.

Embrose Papier (Gallo Images)

Die jong Springbok-skrumskakel Embrose Papier het boonop gesukkel om die druk met sy voet te verlig, wat sy skakelmaat, Handré Pollard, toenemend op die agtervoet gehad het.

Dit was allermins ’n oortuigende sege. Die Jaguares het bloot beter aangepas in die toestande en minder foute begaan.

Puntemakers:

Jaguares 27 (7). Drieë: Bautista Delguy, Matias Orlando, Rodrigo Bruni. Strafdoele: Joaquín Díaz Bonilla (2). Doelskoppe: Díaz Bonilla (2).

Bulle 12 (3). Strafdoele: Handré Pollard (4).

Meer oor:  Handre Pollard  |  Pretoria  |  Buenos Aires  |  Jaguares  |  Rugby  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.