Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jaguares tem Brumbies in saai stryd
Die Jaguares-skrumskakel Tomas Cubelli loods ’n skoppie oor ’n losgemaal in Saterdagaand se Superrugby-kragmeting met die Brumbies in die Jose Amalfitani-stadiom in Buenos Aires.Foto: Getty Images

Die Jaguares van Argentinië het Saterdagaand hul derde Superrugby-sege op ’n streep behaal deur die Brumbies met 20-15 in ’n tuiswedstryd in Buenos Aires te verslaan.

Met dié sege het die span sy kanse verstewig om die uitspeelrondes van die reeks te haal.

Albei spanne het binne die eerste ses minute gaan druk – eers die vleuel Sebastian Cancelliere vir die tuisspan en toe die Brumbies-haker Folau Fainga’a.

Halfpad deur die eerste helfte wou dit lyk of die besoekers beheer gaan oorneem toe die heelagter Tom Banks ’n netjiese beweging afgerond het. Christian Lealiifano het boonop die doelskop vanuit die hoekie oorgeklits.

Maar die Jaguares het geantwoord met Matias Orlando se drie, wat eers ná ’n gesprek met die TV-skeidsregter toegeken is. Domingo Miotti se doelskop het die telling gelykop gemaak.

Met die rustyd was die Argentyne met 17-15 voor.

Die tweede helfte was ’n saai affêre met die humeure wat elke nou en dan opgevlam het.

Die tweede helfte was ’n saai affêre met die humeure wat elke nou en dan opgevlam het.

Al punte was Miotti se strafdoel ná 60 minute se speeltyd.

Die Brumbies kon nie voordeel benut toe die Jagaures vir 10 minute sonder die flank Marcos Kremer moes klaarkom nie. Hy is met ’n geelkaart afgejaag vir ’n siniese oortreding tydens ’n rolmaalbeweging.

Die Jaguares (23 ligapunte) is ná dese derde op die puntelys van die Suid-Afrikaanse afdeling, maar het ’n wedstryd minder gespeel as die Haaie (26), wat Saterdag die voortou met ’n sege oor die Waratahs geneem het.

Die Brumbies is in ’n soortgelyke posisie in die Australiese groep. Die Aussie-span pak volgende die Blues tuis, terwyl die Jaguares gasheer gaan speel vir die Stormers. – Reuters

Meer oor:  Buenos Aires  |  Superrugby  |  Jaguares  |  Rugby  |  Brumbies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.