Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake: Daar is lig in tonnel vir rugby in SA

Daar is lig in die tonnel in Suid-Afrikaanse rugby en daarmee saam kom die kans om die Curriebeker-kompetisie se verlore aansien te herstel.

Jake White is hoopvol dat die Bulle eersdaags tot die oefenveld kan terugkeer. Foto: Getty Images

Jake White, die Bulle se direkteur van rugby, sê hy is, ondanks die koronavirus-krisis, optimisties oor die vooruitsigte in plaaslike rugby.

“Dit lyk of ons nader beweeg daaraan om binnekort in klein groepe te begin oefen.

“Dinge lyk goed dat ons teen Augustus of September sal kan begin speel.

“Dit sal nie rugby wees soos waaraan ons gewoond is nie, maar minstens sal daar rugby op die TV wees,” het White Woensdag in ’n onderhoud op Jacaranda FM gesê.

Die idee is om al die spanne, soos met ’n Wêreldbeker-toernooi, op een plek te laat saamkom en dan die wedstryde in een of twee stadions te speel.

Hy het verklap dat daar gevorderde planne vir ’n Curriebeker-reeks met ’n dubbelronde is.

“Die idee is om al die spanne, soos met ’n Wêreldbeker-toernooi, op een plek te laat saamkom en dan die wedstryde in een of twee stadions te speel.

“Die spanne sal twee keer teen mekaar te staan kom en dit is ’n kans om die passie wat daar in die ou dae vir die kompetisie was, te herwin.

“Om eerlik te wees, dit (die stryd om die Curriebeker) het baie aansien verloor.”

White het ook intussen sy nuwe afrigtingspan gefinaliseer.

Die voormalige Bulle-hoofafrigter Nollis Marais is in ’n nuwe rol – dié van afbreekpunt-spesialis – aangestel.

Marais was, sedert hy in 2017 as hoofbreier die trekpas gegee is, by die unie se juniors betrokke.

Hy het ’n bykomende mandaat as rugbykoördineerder van al die Bulle-spanne.

White sê Marais kry ’n belangrike portefeulje in sy afrigtingspan.

Nollis is al om die blok en weet presies wat ons nodig het. Ek het geen twyfel dat hy die regte man vir die taak is nie.

“Spanne het nog altyd konsultante of voorspeler-afrigters gehad wat na die afbreekpunte omgesien het.

“Dit gaan ’n groot fokusgebied word, veral met die reëls by die afbreekpunte wat verander.

“Nollis is al om die blok en weet presies wat ons nodig het. Ek het geen twyfel dat hy die regte man vir die taak is nie.”

Soos verwag, is die oudhulpafrigter van die Leeus Joey Mongalo die nuwe verdedigingsbreier in Pine Pienaar se plek.

Pienaar kry ook ’n nuwe rol en sal die senior en junior spanne voortaan as ’n tegniese adviseur bystaan.

White sê Pienaar moet toesien dat dieselfde bloudruk by al die spanne gevestig word.

Chris Rossouw bly aan as die agterlyn-afrigter, terwyl Russell Winter die voorspelers kry.

Daan Human, wat ’n groot verskil gemaak het sedert hy verlede seisoen as die Bulle se skrumafrigter aangestel is, word vrygestel om hom heeltyds by die Springbokke aan te sluit.

Human sou aanvanklik by die Bulle aangebly het en die Bokke se nuwe afrigter, Jacques Nienaber, deur die seisoen as ’n konsultant bygestaan het, maar Winter sal nou oorhoofs die voorspelers onder hande neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.