Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Hou op om spanne vroeg aan te kondig’

Jake White, voormalige Springbok-afrigter, meen dis tyd om ontslae te raak van die verpligte span-aankondigings voor rugbywedstryde.

Jake White. Foto: Gallo Images

Daar word van spanne verwag om minstens 48 uur voor die afskop van hul wedstryde spanlyste bekend te maak, maar die opdrafspan verskil soms van die een wat aangekondig is.

’n Onlangse voorbeeld daarvan was toe die Leeus die Chiefs met 23-17 geklop het. Die Suid-Afrikaners het ’n 23-tal met Malcolm Marx en Elton Jantjies op die plaasvervangersbank aangekondig, maar Rudolf Straeuli, hul uitvoerende hoof, het later gebieg dat dit altyd die plan was vir hulle om die wedstryd te begin.

“Die Chiefs het besluit om van hul swaar voorspelers te laat rus omdat Malcolm op die bank was. Met hom in die beginspan, kon ons hulle in die skrums aanvat. Die grondslag vir ons sege is voor gelê,” het Straeuli toe aan Netwerk24 gesê.

White skryf in sy rubriek op alloutrugby.com daardie voorval het hom laat wonder wat die eintlike doel is om spanne 48 uur voor die afskop te moet aankondig.

“Ek was ’n paar dae voor daardie wedstryd by Anfield om te kyk hoe Liverpool vir Chelsea met 2-0 klop. Ek wou die volle atmosfeer van die sokker inasem en ’n deel daarvan was om met van die mense te gesels.

“Wat my opgeval het, is hoe daar gesels is oor die span wat die afrigters dalk sou laat opdraf,” sê White.

“Die spanlyste is eers kort voor die afskop aangekondig en die ondersteuners se belangstelling is geprikkel deur die kombinasies, wie op die plaasvervangersbank was en die formasies waarvolgens die spanne sou speel. In die week voor die wedstryd is dit ’n groot deel van die intrige.

“Ek dink rugby sal baie baat vind daarby as dié spanaankondigings laat vaar word.”

White meen ook dit kan help om Nieu-Seelandse spanne hok te slaan.

“In toernooie wat só eensydig is soos die Superreeks, met Nieu-Seelandse spanne wat oorheers, sal dit kleiner spanne dalk ’n kans gee as hul beginspanne tot kort voor afskoptyd ’n geheim bly,” meen White. – Sportredaksie

Meer oor:  Pro14  |  Jake White  |  Toetsrugby  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.