Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake kan dalk twee keer dink oor spankeuses
Zak Burger behoort Vrydagaand op Loftus Versfeld vir die eerste keer in ’n Bulle-trui uit te draf. Foto: Gallo Images

Mornay Smith of eerder Trevor Nyakane?

Jy kry al te dikwels die cliché in Suid-Afrikaanse rugby dat ’n span op sy eie proses fokus en nie dit waarmee die teenstander vorendag gaan of kan kom nie.

Ná die nuus uit die Kaap dat die Stormers Vrydagaand hulle Springbokke in die voorbereidingsreeks teen die Bulle kan inspan, sal dit wel interessant wees om te sien hoe dit Jake White se spankeuses beïnvloed.

Sou die besoekers met byvoorbeeld die Springbok-trio Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi en Frans Malherbe in hulle arsenaal opdaag, sal die Bulle-breintrust dit sterk oorweeg om Nyakane en Lizo Gqoboka vroeër as wat beplan is te betrek.

Of dalk sal White juis wil sien hoe die twee 23-jarige voorrymanne, Smith en Gerhard Steenekamp, teen ou jakkalse soos Kitshoff en Malherbe vaar.

Die vraag is eerder hoe belangrik die telbord vir White in dié niksseggende reeks, wat nie as eersterangse wedstryde erken word nie, is.

Meer spesifiek dalk: Hoe belangrik is die Bulle se onoorwonne vertoningslys op Loftus Versfeld sedert hy die span begin afrig het?

Die Bulle het die Stormers in Oktober verlede jaar in die eerste helfte van die spanne se Superrugby Unlocked-ontmoeting van die veld af gespeel en het teen rustyd ’n voorsprong van 32-6 gehad.

Die telling was uiteindelik 39-6 toe die wedstryd in die 63ste minuut weens donderweer onderbreek en later afgelas is.

White het verlede week in die aanloop tot die wedstryd teen die Pumas in die Mbombela-stadion gesê dit is vir hom van min waarde om sy voorkeur-vyftiental te kies.

Gegewe dat daar geen beker op die spel is nie, is dit nou tyd vir die jong Turke om te woeker met ’n kans in die beginspan.

Daar word wel verwag dat Zak Burger, voormalige kaptein en skrumskakel van Griekwas, die 23-tal sal haal.

White sê hy is opgewonde om te sien hoe Burger by die Bulle inskakel en wat hy die span bied.

Die buitesenter Marnus Potgieter sal ook sy aandele ’n hupstoot wil gee met Stedman Gans wat Suid-Afrika waarskynlik later vanjaar by die Olimpiese Spele in sewesrugby sal verteenwoordig.

Marco Jansen van Vuuren was Cornal Hendricks se sentermaat in die Curriebeker-eindstryd en Potgieter blaas in sy nek.

Meer oor:  Blou Bulle  |  Jake White  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.