Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake kies slot op flank vir stryd teen Haaie
Ruan Nortjé, slot van die Bulle, sal Saterdag in Durban teen die Haaie in die Ligbloues se lostrio diens doen. Foto: Gallo Images

Die Bulle ruk met ’n nuwe lostrio op na Durban vir Saterdagaand se deurslaggewende ontmoeting met die Haaie in die Reënboogbeker-kompetisie.

Marcell Coetzee behou die kapteinskap in die beseerde Duane Vermeulen se plek en skuif van flank na agtsteman.

Die slot Ruan Nortjé is as nr. 7-flank ingesluit, met Elrigh Louw wat ook mank is.

Jake White, die Bulle-afrigter, sê Nortjé het danksy sy hoë werkverrigting ’n toekoms langs die kant van die skrum en hy gee die span ’n bykomende keuse in die lynstane.

Die jong Janko Swanepoel is Walt Steenkamp se nuwe slotmaat.

• Bulle: David Kriel, Madosh Tambwe, Marco Jansen van Vuren, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Marcell Coetzee (k), Ruan Nortjé, Marco van Staden, Janko Swanepoel, Walt Steenkamp, Mornay Smith, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Schalk Erasmus, Jacques van Rooyen, Trevor Nyakane, Nizaam Carr, Muller Uys, Keagan Johannes, Clinton Swart, Gio Aplon.

Meer oor:  Haaie  |  Bulle  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.