Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake sê Bulle wys hoe ’n goeie span lyk
Nog punte! David Kriel (links) en Ivan van Zyl (nr. 21) vier Saterdag Chris Smith, plaasvervanger-losskakel van die Bulle, se drie op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Daar is nog ses naweke se Curriebeker-rugby wat wag voor die nuwe kampioen op 23 Januarie gekroon word.

Dus moet en sal daar nog baie gebeur voor daar uit dié gesogte goue beker gedrink kan word.

Tog is dit duidelik dat die Bulle, wat ná die tweede ronde ’n voorsprong van agt ligapunte het, sterk op koers is om ’n bekerdroogte van 11 jaar te beëindig.

Die Curriebeker-puntestand weerspieël die Bulle se oorheersing in plaaslike rugby sedert die seisoen hervat is.

Jake White, die afrigter, het Saterdag gesê sy troepe dra die stempel van ’n goeie span.

Die Bulle het die Cheetahs met 40-13 geklop ná die spanne teen rustyd gelykop was (13-13).

“Dit is wat goeie spanne doen. ’n Span soos Leinster wat in die Pro14 oorheers, is ook soms 13-13 teen rustyd.

“Gewoonlik vind hulle daarna ’n manier om te wen, want hulle weet wat skort en hoe om hul strukture reg te kry.”

White sê die Bulle was waarskynlik naïef met die wyse waarop hulle die eerste helfte benader het.

“Om toe van 13-13 na 40-13 te gaan, is verblydend. Dit is altyd lekker om voor te wees en jou lot in jou eie hande te hê.

“Ons is in ’n goeie posisie en is bevoorreg dat ons nie van ander spanne afhanklik is nie.”

Die Bulle het Saterdag die skroewe begin aandraai toe Trevor Nyakane, Nizaam Carr en Ruan Nortjé van die bank af die agttal nuwe woema gegee het.

Die grondslag vir die sege is helaas weer voor gelê deur Duane Vermeulen en sy makkers.

White is gevra of hy bekommerd is oor die leemte wat die Bok-stut Trevor Nyakane sal laat as hy ’n besering moet opdoen.

Marcel van der Merwe, wat in die nr. 3-trui begin het, se vertoning in die skrums was allesbehalwe oortuigend.

“Marcel is ’n Springbok en het in Frankryk in die taaiste skrumkompetisie gespeel.

“Ek dink sommige van die beslissings (in die skrums) het op vertolking neergekom en hy was nie noodwendig swak nie.

“Hy het min rugby gespeel en was lank uit ná ’n enkeloperasie.

“Ja, daar is geen twyfel dat dit ’n slag sal wees as Trevor nie beskikbaar is nie, maar dit is maar dieselfde met ’n speler soos Frans Malherbe by die Westelike Provinsie.”

Die Bulle pak die Haaie Saterdagaand in Durban en ’n wegoorwinning sal die Pretorianers van ’n tuishalfeindstryd verseker.

Meer oor:  Curriebeker-Reeks  |  Blou Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.