Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake verras met vleuel vir Vrystaat-stryd

Daar is ses veranderings en ’n posisionele skuif aan die Bulle se beginspan vir Saterdag se Curriebeker-ontmoeting met die Vrystaat-Cheetahs in Pretoria.

Marco Jansen van Vuren, veelsydige agterspeler van die Bulle, druk Saterdag die wendrie teen die Westelike Provinsie op Nuweland. Hy is met ’n plek in die Bulle se beginspan beloon. Foto: Gallo Images

In die agterlyn is dit net die senterpaar, Stedman Gans en Cornal Hendricks, wat weer in dieselfde truie speel.

Kurt-Lee Arendse skuif heelagter toe en David Kriel is die nuwe regtervleuel in Travis Ismaiel se plek.

Die Bulle se afrigter, Jake White, het voorts verras deur die voormalige skrumskakel Marco Jansen van Vuren op linkervleuel te kies.

Morné Steyn is terug op losskakel nadat hy die Bulle se laaste twee wedstryde weens Covid-19-protokol misgeloop het en Embrose Papier is sy skakelmaat ten koste van Ivan van Zyl.

Die voormalige Cheetah Sintu Manjezi kry in die agttal sy eerste kans in die Bulle se opdrafspan, terwyl Marcel van der Merwe en Gerhard Steenekamp op stut by Jacques van Rooyen en Trevor Nyakane oorvat.

Van Rooyen is geskors nadat hy die afgelope naweek in Kaapstad ’n rooikaart teen die Westelike Provinsie gekry het.

Bulle: Kurt-Lee Arendse, David Kriel, Stedman Gans, Cornal Hendricks, Marco Jansen van Vuren, Morné Steyn, Embrose Papier, Duane Vermeulen (k), Arno Botha, Marco van Staden, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Marcel van der Merwe, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Jan-Hendrik Wessels, Trevor Nyakane, Ruan Nortje, Nizaam Carr, Ivan van Zyl, Chris Smith, Marnus Potgieter.

Meer oor:  Cheetahs  |  Bulle  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.