Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake White trek Nollis Marais nader

Die byna vergete Nollis Marais maak sy terugkeer by Loftus Versfeld.

Nollis Marais is terug uit die Bulle se rugbywoestyn. Foto: Gallo Images

Jake White, die Bulle se direkteur van afrigting, het besluit om Marais, wat in 2017 die trekpas as hoofafrigter gekry het, in sy afrigtingspan te betrek.

LEES OOKJake en Bulle: Wenplan of koop en hoop?

Marais, sedertdien aan die stuur van die unie se junior spanne, word in ’n nuwe rol, die van afbreekpunt-spesialis, ontplooi.

Die voormalige Leeus-hulpafrigter Joey Mongalo neem, soos verwag, by Pine Pienaar oor as die span se nuwe verdedigings-afrigter.

Pienaar word die Bulle se nuwe tegniese adviseur, terwyl Chris Rossouw aanbly as agterlyn-breier.

Met Russell Winter wat verlede week as die nuwe afrigter van die voorspelers onthul is, het die Blou Bulle Maatskappy (BBM) bevestig dat Daan Human vrygestel word om hom heeltyds by die Springbokke aan te sluit.

Meer oor:  Nollis Marais  |  Jake White  |  Bbru  |  Bulle  |  Superrugby  |  Bbm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.