Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake White werf reeds nuwe Bulle

Jake White sou waarskynlik al ’n kantoor by Loftus Versfeld gehad het, was dit nie vir die koronavirus nie.

Dit is geen geheim meer nie, dié 56-jarige oud-Springbok-afrigter sal eerdaags as die Bulle se nuwe direkteur van rugby onthul word.

Kan Jake White iemand soos Jacques du Plessis (links) oortuig om weer sy rugby op Loftus Versfeld te speel? Foto: Getty Images

Trouens, White het reeds namens die Bulle begin om voelers uit te steek na spelers wat hy vir die unie wil werf.

Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het Maandag gesê hy is nie daarvan bewus dat White met spelers of hulle agente praat nie.

“Wat ek wel kan bevestig is dat ons voor einde Maart ’n aankondiging sal maak.

“Was dit nie vir al die ontwrigting nie (met die Covid-19-pandemie), sou ons dit waarskynlik al gedoen het,” sê Meyer.

Dit blyk dat die beleggingsmaatskappy Remgro, ’n aandeelhouer in die BBM, sterk ten gunste is van White se aanstelling in Alan Zondagh se vakante pos.

Die verwagting is dat White se koms met min of meer dieselfde reaksie in die hoofstad begroet sal word as toe die voormalige All Black-afrigter John Mitchell in 2017 as die Bulle se hoof van rugby en hoofafrigter aangewys is.

White, wat sedert hy in 2014 by die Haaie weg is in Frankryk en Japan afgerig het, sal onder meer die Bulle se werwing by Meyer oorneem.

Daar is glo reeds twee slotte, Jason Jenkins en Gerbrandt Grobler, in White se visier.

Jenkins, ’n oud-Bul, het vir White gespeel het toe hy Toyota Verblitz in Japan afgerig het en Grobler speel vir Johan Ackermann se Engelse klub, Gloucester.

Jacques du Plessis, ook ’n voormalige Bul wie se paadjie met White s’n gekruis het toe hy Montpellier se breier was, is volgens inligting ook op White se radar.

Met die onsekerheid wat daar tans weens Covid-19 in Suid-Afrikaanse rugby is, sal daar eers later besluit word tot hoe ’n mate White by die Bulle se afrigting betrokke sal wees.

Pote Human, die hoofafrigter, se kontrak loop aan die einde van die seisoen (einde Oktober) ten einde.

Die Springbok-agtsteman Duane Vermeulen, wat verlede seisoen vir die Bulle in die Superreeks diens gedoen het, het onlangs bevestig hy keer terug Loftus toe om in 2021 weer vir die franchise te speel.

Die Bulle is verder hoopvol dat hulle die Bok-senter Jesse Kriel saam met Vermeulen en Jenkins kan teruglok Pretoria toe.

Meer oor:  Jake White  |  Bulle  |  Superrugby  |  Alfons Meyer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.