Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake het ander planne met Bulle

Ruskans en proefnemings.

Dit was van die hoofoorwegings toe Jake White, afrigter van die Bulle, Donderdag oor sy span vir Saterdag se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Cheetahs op Loftus Versfeld besin het.

Die Blitsbok Kurt-Lee Arendse beman Saterdag die Bulle se laaste vesting teen die Cheetahs. Foto: Gallo Images

Daar is altesame ses veranderings en ’n posisionele skuif aan die vyftiental wat die afgelope Saterdag op Nuweland teen die Westelike Provinsie opgedraf het.

Dit sluit ’n nuwe agterste trio – Kurt-Lee Arendse, David Kriel en Marco Jansen van Vuren – in.

White het Arendse, sover die seisoen die Bulle se groot vonds op linkervleuel, in die laaste vesting gekies, terwyl Kriel van heelagter na regtervleuel skuif in Travis Ismaiel se plek.

Die groot verrassing is die voormalige skrumskakel Jansen van Vuren se insluiting op linkervleuel.

“Spelers soos Nehe Milner-Skudder, Jordie Barrett, Corey Jane en Israel Dagg was ewe tuis op vleuel en heelagter en ek wil hulle albei (Arendse en Kriel) in die posisies ontwikkel.

“Dit sal goed vir albei wees. Dit is nog net David wat heelagter gespeel het en ek wil sien hoe Kurt-Lee daar vaar wanneer hy ruimte kry.

“Hy skop met albei voete en ek is opgewonde om te sien hoe hy op heelagter aanpas.”

Jansen van Vuren het Saterdag in Kaapstad die wendrie gedruk en is met ’n plek in die beginspan beloon.

“Ons is baie bevoorreg met Springbok-skrumskakels in Embrose (Papier) en Ivan (van Zyl) en die realiteit is dat Marco goeie hande, voete en ’n sterk linkerskopvoet het.

“Hy is ook regtig vinnig en lekker fisiek. Sy vaardighede is uitstekend, soos wat ons Saterdag met daardie hangskop gesien het.

“Hy kan dalk volgende jaar weer terugskuif skrumskakel toe in die Pro14 (Pro16) wanneer ons in Ierland of Skotland speel.”

Dit is ’n bietjie van albei (rotasie en proefnemings). Ons kan nie dieselfde ouens elke naweek speel nie.

Morné Steyn is terug op losskakel nadat hy die Bulle se laaste twee wedstryde weens Covid-19-protokol misgeloop het en Embrose Papier is sy skakelmaat ten koste van Ivan van Zyl.

White het ’n voormalige Cheetah-slotpaar, Walt Steenkamp en Sintu Manjezi, gekies in die hoop dat hulle die besoekers in die lynstane sal kan ontwrig.

In die voorry neem Marcel van der Merwe en Gerhard Steenekamp op stut by Jacques van Rooyen en Trevor Nyakane oor.

Van Rooyen is geskors nadat hy die afgelope naweek in Kaapstad ’n rooikaart teen die WP gekry het, maar White sê hy sou Steenekamp, ongeag die skorsing, ’n kans gegee het.

“Dit is ’n bietjie van albei (rotasie en proefnemings). Ons kan nie dieselfde ouens elke naweek speel nie.

“Ek sien by die oefeninge hoe positief al die spelers is en dit is nodig om ander goed te sien.

“Dit wat tot dusver gewerk het, werk, maar as ons in ’n uitspeelstryd kom en ons het nie ander kombinasies op die proef gestel nie, kan ons tekort skiet.”

White wil die Bulle-kaptein, Duane Vermeulen, nog volgende week in Durban teen die Haaie inspan voordat hy hom wil vrystel om rondom Kersfees twee of drie weke saam met sy gesin deur te bring.

• Bulle: Kurt-Lee Arendse, David Kriel, Stedman Gans, Cornal Hendricks, Marco Jansen van Vuren, Morné Steyn, Embrose Papier, Duane Vermeulen (k), Arno Botha, Marco van Staden, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Marcel van der Merwe, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Jan-Hendrik Wessels, Trevor Nyakane, Ruan Nortjé, Nizaam Carr, Ivan van Zyl, Chris Smith, Marnus Potgieter.

Meer oor:  Jake White  |  Cheetahs  |  Bulle  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.