Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jake White wil wen vir sy vriend Rupert

Jake White wil van die Bulle weer ’n wêreldkrag maak ter wille van sy vriendskap met Johann Rupert, miljardêr-aandeelhouer in Bulle-rugby.

Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie (BBM) en lid van die direksie wat White as die Bulle se nuwe direkteur van rugby aangestel het, het die afgelope week aan Rapport gesê die Bulle-pos is “meer persoonlik” vir Jake.

“Hy het ’n baie goeie verhouding met een van ons aandeelhouers. Dit gaan vir hom ’n persoonlike uitdaging wees.”

Hoewel Strauss nie Rupert by name genoem het nie, is dit bekend dat White al jare lank ’n noue verhouding het met Rupert, wat deur Remgro 37,5% van die BBM besit.

Jake White
Jake White ... Daar is meer talent in Pretoria as in Australiese rugby. As jy oorsee is, waardeer jy dit. As jy dinge bymekaarkry, kan jy die span terugvat na daardie gloriedae. Foto: Getty Images

Strauss het ook sprake afgemaak dat White gou weer by ’n internasionale pos betrokke kan raak. Strauss sê die direksie het dit duidelik gemaak dat White geen ander internasionale ambisies tydens sy tyd by Loftus Versfeld mag hê nie.

“In ons gesprekke met hom het ons direk sy probleme aangespreekgetakel – wat fout gegaan het en die persepsies. Die tendens was dat hy vandag teken by die Brumbies, en môre Australië wil afrig. Hy teken by Montpellier en môre wil hy Engeland afrig.

“Daardie internasionale ambisie het ons reguit getakel. Dit is ook deel van sy kontrakaangespreek. Ek dink die verskil tussen toe en nou – en ek het dit vir hom gesê – is dat hy by die Bulle die kans kry om sy nalatenskap permanent in rugby te laat. Ek dink nie hy sal die foute herhaal wat hy gemaak het nie.”

LEES OOK:

Strauss sê die publiek moet weet die BBM-direksie het nie met toe oë die aanstelling gemaak nie en White se reputasie is goed aangespreekhet deeglik aandag gekry.

“Uiteraard is ons bewus dat Jake kritici het en ons is bewus dat hy foute gemaak het, net soos ek en jy al foute gemaak het. Maar die feit van die saak is hy is een van ’n handvol afrigters met ’n X-faktor. Dit is hy, Rassie (Erasmus), Eddie Jones en nog ’n handjievol van hulle,” het Strauss gesê.

“Jy kan nie sy rekord van hom wegvat nie. Hy het die Wêreldbeker en Junior Wêreldbeker gewen. Hy’t die Drienasies en die Japanse liga gewen. Hy het letterlik elke span op ’n beter plek gelaat as waar hy hulle gekry het.

“Ek dink Jake kan dit doen. Die een ding waarin hy baie goed is, is om spanne te kies. Jy weet, nie alle afrigters het daardie vermoë nie.

“As jy kyk wat Jake in die aanloop tot 2007 gedoen het – hy’t Percy (Montgomery) uit Wallis gaan haal, hy’t Os (du Randt) van die plaas af teruggebring en Bob Skinstad gaan haal. Jake het beslis daardie vermoë om baie vinnig ’n verskil aan ’n span te maak.

My ervaring het my geleer daar is meer talent hier in Suid-Afrika as in enige ander rugbyland.

“Dit gaan sy uitdaging wees, om vinnig ’n verskil aan ons twee vlagskipspanne te maak.”

White het geen twyfel dat die Bulle onder hom weer ’n beduidende krag kan word nie. Hy sê egter dit sal verg dat die Bulle slim boks om in sy doelstellings te slaag.

White stel dit duidelik: As die Bulle dinge reg doen, sal hulle die gloriejare terugbring, en kan die Bul-naam weer saam met die bestes ter wêreld pronk.

“Ek glo dit. Dit is hoekom ek die pos aanvaar het,” het White aan Rapport gesê.

“My ervaring het my geleer daar is meer talent hier in Suid-Afrika as in enige ander rugbyland.

“Daar is meer talent in Pretoria as in Australiese rugby. As jy oorsee is, waardeer jy dit. As jy dinge bymekaarkry, kan jy die span terugvat na daardie gloriedae.

Die koronavirus is ’n terugslag, veral omdat daar geen inkomste is nie.

“Die een ding wat die Bulle goed gedoen het, al het hulle nie die afgelope tien jaar op senior vlak presteer soos wat hulle wou nie, is om ongelooflike junior spanne bymekaar te sit.

“Ek kyk na die video’s en daar is ’n paar ongelooflike jong spelers. Die uitdaging is nou om hulle te omring met spelers wat hulle nog beter sal maak.

“Dit is die uitdaging wat ons het – om die regte spelers te kry. Soms vat jy spelers omdat hulle seniors is, maar hulle is nie noodwendig die regte senior spelers nie.

“Hulle is nie die tipe spelers wat ’n verbetering in die stelsel na vore bring nie. Hopelik is dit die kundigheid wat ek na die Bulle toe kan bring.”

White sê dit is verblydend dat hy die ondersteuning van die direkteure en aandeelhouers het. Dit beteken hy sal ’n inkopielys begin saamstel.

“Die koronavirus is ’n terugslag, veral omdat daar geen inkomste is nie. Maar die goeie ding is dat ons aandeelhouers – Patrice Motsepe en Rupert – ons ondersteun, en ek is seker ons is op ’n baie beter plek as ander spanne.

“Hulle is definitief bewus van my siening dat as ons sukses wil behaal, dinge sal moet verander.

“Dit is verblydend – om in ’n raadsvergadering te kom en hulle verstaan wat jy wil doen en hulle ondersteun jou. Dit is rêrig ’n seëning.”

White erken dit is moeiliker om spelers in Suid-Afrika te hou as toe hy laas in die land afgerig het, maar voel wel die koronakrisis kan tot SA rugby se voordeel wees.

“Dit is een van die frustrasies. Elke keer as jy ’n goeie junior aan ’n kompetisie blootstel, is die kanse daar dat ’n oorsese span hom gaan kom opraap.

“Wat kan jy doen om ’n kultuur te vestig om die ouens hier te hou? Die koronavirus – wat ’n slegte ding wêreldwyd is – sal ’n nuwe wending gee aan die aanloklikheid vir spelers om oorsee te speel.

“Spelers sal vra of dit die moeite werd is om myle ver weg te wees van familie in ’n tyd soos dié. En met van die spelers oorsee wat hul salarisse moet sny, word hul verdienste nader aan wat jy hier in Suid-Afrika kan verdien.”


Meer oor:  Jake White  |  Afrigter  |  Rugby  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.