Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jannes, Jacques en Juan in eindstryd
Jacques Vermeulen, wat hier ’n drie afrond, gedy by die Exeter Chiefs. Foto: Getty Images

Drie Suid-Afrikaanse rugbyspelers sal in aksie wees wanneer die Exeter Chiefs en Wasps mekaar Saterdag op Twickenham in Londen in die eindstryd van die Engelse Premierliga pak.

Aan Chiefs-kant sal die voormalige Blou Bul Jannes Kirsten as nr. 7-flank begin en Jacques Vermeulen, ’n oud-speler van die Haaie en Westelike Provinsie, is die losvoorspeler op die plaasvervangersbank.

Juan de Jongh, wat etlike seisoene vir die Stormers gespeel het en die Springbokke ook in ’n klompie toetse verteenwoordig het, is Wasps se buitesenter.

Wasps se keuses was beperk, want 11 van hul spelers is weens positiewe Covid-19-toetse of nabye kontak met iemand wat dit onder lede het – nie beskikbaar nie. Volgens Lee Blackett, hul afrigter, sou vier van hulle waarskynlik in sy 23-tal gewees het.

Jannes Kirsten is ’n yster met die bal in die hand vir die Exeter Chiefs. Foto: Getty Images

Wasps het eers Woensdag gehoor dat hulle wel in die eindstryd sal speel nadat die spelers wat gekies is, almal negatief getoets is.

“Dit was ’n moeilike week, maar die een ding waaroor ons aan die begin van dié seisoen gepraat het, is om aanpasbaar te wees,” sê Blackett in ’n nuusverklaring deur Premiership Rugby.

“Nou sal die spelers als in hul vermoë doen om ’n goeie vertoning te lewer. Ons weet dit gaan taai wees. Exeter het welverdiend boaan die puntelys geëindig, maar ons put vertroue uit ons spelpeil in die aanloop tot hierdie wedstryd.”

Exeter sal die stryd met baie selfvertroue ingaan nadat hulle verlede naweek die Europese Kampioenebeker verower het met ’n oorwinning oor die Franse klub Racing92.

Spanne

Exeter Chiefs: Stuart Hogg, Jack Nowell, Henry Slade, Ollie Devoto, Olly Woodburn, Joe Simmonds (k), Jack Maunder, Sam Simmonds, Jannes Kirsten, Dave Ewers, Jonny Hill, Sam Skinner, Harry Williams, Luke Cowan-Dickie, Alec Hepburn. PLAASVERVANGERS: Jack Yeandle, Ben Moon, Tomas Francis, Jonny Gray, Jacques Vermeulen, Sam Hidalgo-Clyne, Gareth Steenson, Ian Whitten.

Wasps: Matteo Minozzi, Zach Kibirige, Juan de Jongh, Jimmy Gopperth, Josh Bassett, Jacob Umaga, Dan Robson, Tom Willis, Thomas Young, Jack Willis, Will Rowlands, Joe Launchbury, Jeff Toomaga-Allen, Tommy Taylor, Tom West. PLAASVERVANGERS: Gabriel Oghre, Ben Harris, Biyi Alo, James Gaskell, Ben Morris, Ben Vellacott, Lima Sopoaga, Michael Le Bourgeois.

TV: Die wedstryd word vanaf 18:55 op SuperSport Variety 1 uitgesaai.

Meer oor:  Wasps  |  Exeter Chiefs  |  Engelse Premierliga  |  Jacques Vermeulen  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.