Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Benhard, Mafura VS ewig dankbaar

Benhard Janse van Rensburg, die losskakel wat die skuif na senter met sukses by die Cheetahs gemaak het, speel Saterdag in sy laaste wedstryd vir die Bloemfonteinse franchise voordat hy na Japan gaan.

Benhard Janse van Rensburg draf Saterdag die laaste keer vir die Cheetahs uit in die span se Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Leeus op Ellispark. Foto: Gallo Images

Hy sluit hom in November aan by die NEC Green Rockets.

Franco Smith, voormalige Cheetah-afrigter, het hom destyds na senter geskuif.

Hy het die laaste paar seisoene goed gekombineer met Nico Lee wat intussen na Frankryk is en daarna met William Small-Smith, en in die laaste twee Superrugby Unlocked-wedstryde het hy en die tweemalige Wêreldbeker-wenner Frans Steyn die senter-kombinasie gevorm.

Hy is ’n man van min woorde, maar hy gee toe sy vertrek na Japan vat aan hom.

“Dit gaan ’n baie emosionele naweek vir my wees, maar ek hoop ek kan my laaste wedstryd teen die Leeus op ’n hoë noot afsluit. Ons het lanklaas in Johannesburg gewen, so dit sal gepas wees as ons dié een kan wen,” sê Janse van Rensburg.

Dis iets heeltemal anders en ek weet nie regtig waarvoor ek my inlaat of wat om te verwag in Japan nie.

Die Cheetahs en die Leeus is Saterdag om 16:30 in ’n katgeveg op Ellispark slaags.

Hy sê hy is die Cheetahs ewig dankbaar vir wat hulle vir sy loopbaan gedoen het, en dit het juis daartoe gelei dat hy in Japan kan gaan speel.

“My rugby het so baie verbeter en ek het as speler ongelooflik baie gegroei. Ek het regtig baie geleer by my spanmaats en die afrigtingspan in Bloemfontein.”

En sy skuif van losskakel na senter?

“Ek is baie gemaklik met enige posisie in die agterlyn van losskakel tot buitesenter en ek kan net dankie sê vir die Cheetahs dat hulle my die geleentheid gegee het om dit kan doen.”

“Dis iets heeltemal anders en ek weet nie regtig waarvoor ek my inlaat of wat om te verwag in Japan nie, hoop maar net dis ’n goeie ervaring, maar ek gaan die Cheetahs mis,” sê hy.

Tapiwa Mafura sien uit om teen die Cheetahs te speel wanneer hy in November by die Pumas aansluit. Foto: Gallo Images

Nog ’n speler wat groet, is net soos Janse van Rensburg, ’n oud-Puk, die heelagter Tapiwa Mafura. Hy sluit hom by die Pumas in Mbombela aan.

“Dis nogal hartseer dat ek waai. Ek het hier goeie vriende gemaak en ek gaan hulle mis, maar dis deel van die lewe,” sê Mafura.

Vir dié boorling van Zimbabwe, kan dit beteken dat hy binnekort teen sy ou spanmaats kan speel.

“Ek is opgewonde en ek sien uit daarna om teen die Cheetahs te speel as ek die geleentheid kry. Ek moet hulle wys hoekom die Pumas my gekontrakteer het.

“Die Cheetahs het my op hulle beurt geleer om jouself elke dag te verbeter en maak nie saak wat nie, jy moet altyd jou bes lewer.”

• Walt Steenkamp (Bulle) en Jasper Wiese (Leicester Tigers) is die ander Cheetah-spelers wat ook die laaste keer vir die Cheetahs uitdraf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.