Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jantjies onttrek aan Baabaas-groep

Die Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies het hom aan die Barbarians se groep vir 16 November se wedstryd teen Fidji op Twickenham onttrek.

Herschel JantjiesFoto: Getty Images

Jantjies is vroeër vanjaar genooi om vir die Barbarians te speel, maar Suid-Afrika se verowering van die Wêreldbeker-toernooi het sy kaarte deurmekaar gekrap.

Volgens bronne naby aan dié 23-jarige buksie wil hy hom graag op sy verantwoordelikhede by die Bokke toespits. Die Bok-groep is tans op ’n landswye toer om met die Wêreldbeker te spog. Hy is glo ook moeg ná ’n lang seisoen.

Dié besluit sal vir die Stormers se afrigter, John Dobson, ook as ’n verligting kom met die oog op aanstaande jaar se Superreeks, omdat hy nie baie diepte op skrumskakel het nie. ’n Besering aan Jantjies kan vir hom eindelose hoofpyne besorg. – Stephen Nell

Meer oor:  Fidji  |  Barbarians  |  Twickenham  |  Herschel Jantjies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.