Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Elton Jantjies vat Leeus se leisels

Die Springbok-losskakel Elton Jantjies sal Sondag in die FNB-stadion in Johannesburg vir die Leeus voor draf wanneer hulle teen die Bulle te staan kom.

Die Springbok-losskakel Elton Jantjies lei Sondag die Leeus teen die Bulle in die spanne se superheld-ontmoeting. Foto: Getty Images

Jantjies bevind hom in ’n agterlyn wat wemel van oud-Bulle soos André Warner, Dan Kriel, Duncan Matthews en Jamba Ulengo.

Hy voer die span aan, gegewe die Leeus wat bevestig het dat die beseerde Springbok-agtsteman, Warren Whiteley, die seisoen ’n lid van die afrigtingspan is.

Whiteley, wat die afgelope twee seisoene telkens op die krukkelys was, sukkel steeds met die kniebesering wat hom verlede jaar uit die Wêreldbeker-toernooi gehou het.

Hy sal saam met sy oudspanmaat Julian Redelinghuys en Philip Lemmer die voorspelers afrig met die lynstane wat sy portefeulje is.

Sean Erasmus sal die hoofafrigter, Ivan van Rooyen, as verdedigingsbreier bystaan, terwyl die agterlyn, aanval en vaardighede Neil de Bruin se mandaat is.

Die ervare Bok-stut Jannie du Plessis, wat hom uit Frankryk by die Leeus aangesluit het, is in die beginspan gekies.

Marnus Schoeman word in die opdrafspan bo Roelof Smit verkies as oopkant-flank.

Kriel, tweelingbroer van Jesse, kry ’n kans as binnesenter nadat hy hom nie voorheen by die Bulle of daarna by die Stormers in die beginspan kon vestig nie.

* Leeus: Tiaan Swanepoel, Jamba Ulengo, Duncan Matthews, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Elton Jantjies (k), André Warner, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Jannie du Plessis, Pieter Jansen, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Frans van Wyk, Roelof Smit, Cyle Brink, Morné van der Berg, Manuel Rass, Tyrone Green, Jo-Hanko de Villiers, Wilhelm van der Sluys, Jan-Louis La Grange, Wandisile Simelane.

Meer oor:  Superheld-Sondag  |  Leeus  |  Elton Jantjies  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.