Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Japan het WB-kwarteind in sy visier
Michael Leitch, Japan se kaptein, duik oor vir ’n drie sy span se toets teen Amerika die afgelope naweek in Fidji. Foto: Getty Images

Die verowering van die Pasifiese Nasiesbeker (PNC) sal Japan met baie selfvertroue toerus om sy doelwit te behaal om vanjaar vir die eerste keer die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi te haal.

Japan, die gasheerland vir rugby se skouspel, het seges oor Fidji en Tonga behaal voordat hulle moes sweet om die VSA Saterdag in Suva (Fidji se hoofstad) met 34-20 te klop.

Japan se afrigter, Jamie Joseph. Foto: Getty Images

Jamie Joseph, die Cherry Blossoms se afrigter, het danksy ’n verkorte klubseisoen al sy spelers vir ses maande by ’n oefenkamp gehad om seker te maak hulle is op hul beste vir die WB-toernooi.

“Dit kom als neer op voorbereiding. Ons is sedert Februarie al saam en pluk die vrugte van harde werk. Ons is op die regte pad,” sê Japan se kaptein, Michael Leitch.

Japan, wat ná die sege in Suva na die negende plek op die wêreldranglys opgeskuif het, glo hy sal beter voorbereid wees as enige ander span.

In 2015 het Japan ondanks sy skoksege oor die Springbokke nie die kwarteindronde van die WB-toernooi gehaal nie.

Dié spanne speel op 6 September in ’n opwarmwedstryd voor die WB-toernooi en kan mekaar moontlik in die kwarteindronde wéér raakloop. Japan is in Groep A en Suid-Afrika in Groep B. Die wenner van Groep A speel teen die span wat tweede in Groep B eindig, en andersom.

Om sy doelwit te behaal sal Japan waarskynlik met Ierland of Skotland in ’n groepwedstryd móét afreken, wat ’n enorme uitdaging gaan wees.

“Ons eerste doelwit was om die PNC te wen,” sê Joseph, wat in 2016 vir Eddie Jones as afrigter opgevolg het.

Die volgende doelwit is om volgens ons Japanse spelpatroon te speel en die top-agt in die toernooi te haal.
Jamie Joseph

“Die volgende doelwit is om volgens ons Japanse spelpatroon te speel en die top-agt in die toernooi te haal.”

Joseph was ook in sy noppies met die manier waarop sy span die PNC gewen het. Japan het 14 drieë en 109 punte in sy drie wedstryde aangeteken.

Japan het ook opwindende rugby gespeel, wat sy ondersteuners opgewonde sal maak voor die WB-toernooi.

– Reuters

Meer oor:  Jamie Joseph  |  Japan  |  Wêreldbekerrugby  |  Toetsrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.