Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Japan sleutelspelers kwyt voor stryd
Amanaki Mafi (regs) word deur Handré Pollard en Siya Kolisi vasgevat in dié spanne se onlangse wedstryd. Foto: Getty Images

Japan sal in die openingswedstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi sonder twee van sy sleutelspelers moet klaarkom.

Die vleuel Kenki Fukuoka en die losvoorspeler Amanaki Mafi het vroeër vandeesmaand beserings teen Suid-Afrika opgedoen en het nie betyds herstel nie.

Japan speel Vrydag in Tokio teen Rusland.

Fukuoka, wat 21 drieë in 34 toetse gedruk het, het ’n kuitbesering opgedoen en Mafi ’n skouerbesering.

Lomano Lemeki (30) is as Fukuoka se plaasvervanger aangewys.

Jamie Joseph, Japan se afrigter, sê hy hoop Lemeki sou geleer het uit sy vertoning in die onlangse oorwinning oor Tonga.

Kenki Fukuoka sal weens ’n kuitbesering nie teen Rusland in die openingswedstryd van die Wêreldbeker-toernooi speel nie. Foto: Getty Images

“Hy het redelik goed gespeel, maar daar was kanse wat hy vir ander kon skep. Sy besluitneming was ook nie heeltemal in die kol nie,” sê Joseph.

“Hy wou self die verdedigingslinie oorsteek en aanval. Ons het sulke spelers nodig, maar hy moet ook weet wanneer om vir ander kanse te skep.”

Twee veterane van die 2015 Wêreldbeker-toernooi, Luke Thompson (38) en Fumiaki Tanaka (34), is op die plaasvervangersbank gekies.

* Drie Suid-Afrikaners van geboorte, Wimpie van der Walt (slot), Lappies Labuschagne (flank) en Kotaro Matsushima (vleuel), is ook in Japan se opdrafspan ingesluit.

* Japan: Will Tupou, Kotaro Matsushima, Timothy Lafaele, Ryoto Nakamura, Lomano Lemeki, Yu Tamura, Yutaka Nagare, Kazuki Himeno, Lappies Labuschagne, Michael Leitch (k), James Moore, Wimpie van der Walt, Asaeli Ai Valu, Atsushi Sakate, Keita Inagaki. PLAASVERVANGERS: Atsushi Sakate, Isileli Nakajima, Jiwon Koo, Luke Thompson, Henrik Tui, Fumiaki Tanaka, Rikiya Matsuda, Ryohei Yamanaka. – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Jamie Joseph  |  Toetsrugby  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.