Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Japan wink vir Heyneke Meyer
Heyneke Meyer

Twee Japanse klubspanne vry hard na die dienste van die voormalige Springbokafrigter Heyneke Meyer.

Rapport verneem dat hoewel Meyer nog met geen span ’n amptelike ooreenkoms gesluit het nie, onderhandel die Canon Eagles en ­Docomo Red Hurricanes glo reeds met hom.

Na verneem word kan ’n skuif na ’n Europese klubspan ook nie uitgesluit word nie.

Meyer het in Desember verlede jaar skielik as afrigter bedank ná Suid-Afrika se mislukte Wêreldbekerveldtog in Brittanje.

Bronne het aan Rapport gesê Meyer het sedertdien “baie van sy aandag” aan sy gesin en Oos-Vrystaatse wildplaas by Memel gegee, maar dat hy nou weer “so vinnig as moontlik” by rugby betrokke wil raak.

’n Moontlike skuif na Japan sal nie verbaas nie – aangesien daar tans nie juis plek is vir Meyer by sy vorige span, die Blou Bulle, nie. Nollis Marais is tydens die Wêreldbeker as die Pretorianers se Superrugby-afrigter aangestel en sal ’n regverdige kans gegun word om sy eie stempel af te druk.

Meyer is glo ook tans te duur vir die Bulle, wat die laaste tyd van verskeie groot name ontslae geraak het om verligting vir hul knap begroting te bied.

Twee Suid-Afrikaners, Albert van den Berg en Kees Lensing, was die afgelope seisoen by die afrigting van die Canon Eagles se voorspelers betrokke.

Verskeie ander Suid-Afrikaanse breiers – insluitende Allister Coetzee (Kobe Kobelco Steelers), een van die gunstelinge om as Meyer se opvolger aangewys te word – brei ook tans in Japan.

  • Intussen kan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gedwing word om Rassie Erasmus as tydelike Bok-afrigter aan te wys vir die drie toetse teen Ierland in Junie.

Netwerk24 het vandeesweek onthul dat Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, betrek word by ’n geldskandaal tydens sy tyd aan die stuur van rugby by die Universiteit Stellenbosch.

Roux is in Desember opdrag gegee om self na Meyer se opvolger te soek.

Na verneem word kan dié proses nou vertraag word, aangesien Saru Roux se toekoms Vrydag op ’n raadsvergadering sal bespreek.

Eksklusief: Twee klubspanne vry hard na oud-Bokbreier

Meer oor:  Heyneke Meyer  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.