Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jason Bul-Bok nr. 7; Sintu, Rosko ruil truie

Jason Jenkins het die sewende Springbok geword wat vanjaar ’n kontrak met die Blou Bulle sluit.

Jake White het die week ook ’n ooreenkoms met die Cheetahs bereik dat Sintu Manjezi, nog ’n slot, hom voor die Curriebekerreeks op Loftus Versfeld aanmeld in ’n ruilooreenkoms waarvolgens die Blitsbok Rosko Specman tegelykertyd deur die Bulle aan die Vrystaters vrygestel word.

Jason Jenkins
Jason Jenkins

White se onderhandelinge was ewe suksesvol met die afrigter van Grey-kollege se eerste span, Wessel du Plessis. Hy sal later vanjaar die Bulle se nuwe hoof van junior rugby word.

Jenkins, Arno Botha, Marcel van der Merwe, Nizaam Carr en Gio Aplon vorm deel van White se nuwe werwingsbeleid, met White wat beoog om voortaan net Bokke of toekomstige Bokke te kontrakteer.

Travis Ismaiel en Duane Vermeulen het voordat White as direkteur van rugby aangestel is kontrakte met die Bulle gesluit.

Jenkins sal slegs vir sowat drie maande vir White se span in vanjaar se Curriebeker beskikbaar wees. Dis vir hom ’n gulde geleentheid om wedstrydskerp te bly en Rassie Erasmus se aandag voor volgende jaar se besoek van die Britse en Ierse Leeus op hom te vestig.

Die 24-jarige Jen­kins het verlede jaar nog vir die Bulle gespeel, maar het vanjaar se Superreeks misgeloop omdat hy saam met Aplon vir die Japanse klubspan Toyota Verblitz gespeel het.

Hy sal ná die Curriebeker na Japan terugkeer om weer vir Toyota Verblitz, waar White die vorige afrigter was, in volgende jaar se Japanse Topliga beskikbaar te wees.

Jason Jenkins
Sintu Manjezi
Rosko Specman
Rosko Specman


Die Bulle se slotspens is met Jenkins se koms propvol.

White het ook onlangs die 24-jarige Walt Steenkamp en die 25-jarige Manjezi van die Cheetahs gekoop. Steenkamp speel eers Curriebekerrugby vir die Cheetahs voordat hy ’n Bul word.

Die Bulle en die Cheetahs was tot dié week nog in ’n geskil oor Manjezi betrokke, wat eindelik tussen White en Harold Verster, die besturende direkteur van die Cheetahs, opgelos is.

Manjezi se vertrek is ’n terugslag vir die Cheetahs omdat Justin Basson dié week weens ’n kniebesering moes uittree. Hawies Fourie, afrigter van die Vrystaters, het egter steeds slotte soos Carl Wegner, Ian Groenewald en JP du Preez om van te kies.

White beskik ook oor ander slotte soos Andries Ferreira, Juandré Kruger, Ruan Nortjé en Ryno Pieterse wat vanjaar deel van die Bulle se Supergroep was.

Meer oor:  Jake White  |  Sintu Manjezi  |  Rugby  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.