Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jasper ‘kan Cheetahs se Kolbe wees’

Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, het die Ixias se opwindende heelagter Cohen Jasper met die Springbokke se blitsbuks Cheslin Kolbe vergelyk.

Die ewe vlugvoetige Jasper is een van drie spelers in die huidige Varsitybeker-reeks wat onlangs deur die Cheetahs gekontrakteer is.

Hawies Fourie glo Cohen Jasper is ’n speler soortgelyk aan die Springbok-ster Cheslin Kolbe. Foto: Gallo Images

Jasper (20) beskik soos Kolbe oor die vermoë om ’n wedstryd te swaai en was tot dusver in die Varsitybeker-reeks op sy stukke.

Sy wendrie aan die einde van hul geskiedkundige sege oor die Maties was sy vyfde in die reeks vir die Ixias, wat reeds vyf van hul ses wedstryde gewen het.

“Cohen het regtig goed vir die Ixias gespeel,” het Fourie aan varsitycup.co.za gesê.

“Hy het sy klas gewys. Hy is ’n uitstekende aanvallende heelagter, hy sluit hom baie goed aan wanneer daar ’n breekslag is en rond uitstekend af.

“Cohen is in die gietvorm van ’n Cheslin Kolbe. Hy is nie ’n groot ou nie (77 kg, 1,74 m teenoor Kolbe se 80 kg en 1,70 m) maar het baie vaardighede en die vermoë om drieë te druk. Hy het daardie X-faktor.”

Jasper is vroeër in samewerking met die Ixias deur die Cheetahs vir hul junior groep gekontrakteer.

Hy is nou tot einde Oktober by die seniors gekontrakteer en moet op 1 Junie saam met die Cheetahs vir die dubbelronde van die Curriebeker-reeks inval.

“Sodra hy saam met ons begin oefen, sal ons besluit waar en wanneer om hom in te span. Heelagter is sy voorkeur-posisie en hy sal daar met spelers soos Clayton Blommetjies en Malcolm Jaer meeding.”

Die Madibaz se agtsteman Mihlali Mosi is ook deur die Cheetahs gekontrakteer, terwyl die Ixias se skrumskakel Zinedine Booysen betrek is in die plek van Ruben de Haas, wat ná ’n vinnige draai in Amerika se Major League Rugby vir Saracens gaan speel.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Ixias  |  Cheetahs  |  Cohen Jasper  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.