Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
JC se steil pad na nr. 1

JC Janse van Rensburg kom met die reputasie van ’n man wat sy skrumwerk ken, maar hy erken dit sal nie ’n piekniek wees om die Stormers se senior loskopstut te word nie.

Dít nadat Oli Kebble die afgelope Saterdag sy spiere gebult het teen Argentinië se Jaguares in die Stormers se laaste oefenwedstryd voor vanjaar se Superrugby-reeks.

JC Janse van Rensburg

“As jy sulke mededinging het, sal jy altyd oorgehaal wees om jou bes te lewer,” het Janse van Rensburg gesê.

“Oli is ’n harde werker wat verbetering nastreef en dís uiters belangrik vir ’n stut. Jy weet eenvoudig nooit genoeg nie. Ek speel al etlike seisoene beroepsrugby en hopelik kan hy by my en ek by hom leer.”

In die 30-jarige Janse van Rensburg het die Westelike Provinsie ’n gesoute loskopstut gelok om ondersteuners se teleurstelling oor Steven Kitshoff se skuif Frankryk toe te versag.

Hy het van 2006 tot 2013 67 wedstryde vir die Goue Leeus en 50 vir die Leeus gespeel voor sy skuif na Bayonne.

In 2012 was hy vlugtig op ’n Springbok-toer nadat CJ van der Linde beseer is voor die laaste toets teen Engeland op Twickenham.

Janse van Rensburg is amptelik Springbok nommer 847, maar net tyd sal leer of die Groen-en-Goud hom werklik beskore is.

“As ek eendag nie meer die ambisie het om vir die Bokke te speel nie, sal ek uittree. Jy doen iets in die lewe om iets te bereik.

“Om die Bok-trui oor my skouers te trek, sal die volgende stap wees,” het hy gesê.

Meer oor:  Jc Janse Van Rensburg  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.