Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
JC skrum dalk teen Kings

Die Stormers het ’n onverwagse hupstoot vir hul Superrugby-veldtog gekry met die loskopstut JC Janse van Rensburg wat vroegtydig van ’n kniebesering herstel het.

Ná die Stormers se gelykopstryd teen die Sunwolves in Mei, is gesê dat Janse van Rensburg vir 12 weke uit die span gaan wees. Donderdag het die Kapenaars se afrigter, Robbie Fleck, egter gesê hy is weer fiks.

“JC oefen saam met die Curriebeker-span en behoort beskikbaar te wees vir ons wedstryd teen die Southern Kings aanstaande week.”

Janse van Rensburg se herstel sal nét betyds wees indien Fleck aanstaande week nog vir Oli Kebble wil laat rus. Kebble, wat verlede naweek beïndruk het met sy skrumwerk teen die Rebels, gaan Saterdag se wedstryd teen die Western Force in Perth weens ’n ligte kniebesering misloop.

Ali Vermaak dra gevolglik die Stormers se nr. 1-trui teen die Force.

Fleck is vol vertroue dat die Springbok-losvoorspeler Nizaam Carr se skouerbesering nie ernstig is nie.

“Dit lyk of Nizaam net dié week uit sal wees. Ons mediese span het geen ander terugvoering as dít gegee nie. Dieselfde geld Oli,” sê Fleck.

Daar is ook ’n moontlikheid dat die Bok-skrumskakel Jano Vermaak van sy nekbesering gaan herstel, terwyl die losskakel Robert du Preez sy wedstrydfiksheid in die kleure van die Westelike Provinsie herwin het ná sy herstel van ’n kniebesering.

“Ons kry selfs voorlangs ouens terug van beserings, wat goeie nuus vir die groep is,” sê Fleck.

Meer oor:  Jc Janse Van Rensburg  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.