Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jenkins kry Lood-rol in Jukskei-derby
Jason Jenkins moet Saterdag teen die Leeus die ervare Lood de Jager se skoene vol staan.Foto: Gallo Images

Lood de Jager laat ’n groot leemte in die Bulle se mondering, maar dié Superrugby-span sal nie Saterdag arm daaraan toe wees met leierskap nie, voorspel Jason Jenkins.

Dié 23-jarige Bok-slot neem dan op Ellispark, wanneer die Bulle die Leeus aandurf, De Jager se senior rol oor.

De Jager, die Bulle se kaptein, het die afgelope naweek sy skouer beseer in die kragmeting met die Jaguares.

Met die span se ander Springbok-slot, RG Snyman, ook op die herstelpad ná ’n enkeloperasie, ruk die Bulle met ’n onbeproefde slotkombinasie van Jenkins en Eli Snyman op na die Leeukuil.

“Lood is ’n massiewe terugslag vir ons. Hy is ons kaptein en is baie ervare. Hy is veral ’n bate in die lynstane.

“Ek dink wel nie ons sal ’n probleem met leierskap hê met ouens soos Handré (Pollard), Duane (Vermeulen) en Schalla (Schalk Brits) nie. Daar is steeds baie ervaring en leiers in die span.”

Die Bulle het eers Dinsdag in alle erns met hul voorbereiding begin ná die lang tog terug van Buenos Aires en Jenkins gee toe dit is ’n uitdaging om in ’n kort week veranderinge te maak.

“Dit sal jou altyd toets. Dit is nie maklik om soontoe te reis en dan weer voor te berei vir ’n groot wedstryd teen die Leeus nie.

Dit is egter die eise wat Superrugby stel en ons moet toesien dat ons reg sal wees vir Saterdag.
Jason Jenkins

“Dit is egter die eise wat Superrugby stel en ons moet toesien dat ons reg sal wees vir Saterdag.”

Jenkins sê hy en sy spanmaats weet hulle is tot veel beter in staat as die vertoning wat hulle teen die Jaguares gelewer het.

“Dit was net nie goed genoeg nie. Ons het Lood en Trevor (Nyakane) in die wedstryd verloor en dit het ons so ’n bietjie ontwrig en momentum gekos.

“Ons was hier rondom die 65 minute-kerf nog binne trefafstand, maar ons het baie swak geëindig.”

Hy sê De Jager se deugde in die lynstane is nie heeltemal verlore nie.

Pote Human

“Lood gee ons baie advies en het saam met ons deur die ontledings gegaan, so dit is nie dat ons heeltemal sonder hom is nie.”

Pote Human, die Bulle se hoofafrigter, het Woensdag aangedui hy het Snyman gevra om aan stuur te wees van die lynstane.

“Ek kom al ’n lang pad saam met hom. Hy is soos ’n seun vir my.

“Eli is nog jonk, maar hy is baie goed met die lynstane. “Lood slaan hom ook hoog aan,” sê Human.

Meer oor:  Pote Human  |  Lood De Jager  |  Pretoria  |  Leeus  |  Ellispark  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.