Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jode kwaad oor All Black Jood genoem word

Die Joodse Raad in Nieu-Seeland het die plaaslike uitsaai-waghond (BSA) gekap vir sy besluit om ’n klag oor ’n All Black wat op ’n sportprogram as ’n ‘Jood’ beskryf word, nie te verwerp nie.

Die All Black-senter Jack Goodhue hou vol sy bekende mullet-haarstyl gaan nêrens nie. Foto: Getty Images

Stuff berig die BSA het uitsaaiers eerder gewaarsku om nie taal te gebruik wat as “terloops rassisties” beskou kan word nie.

Die betrokke voorval het op 13 Junie op SKY Sports se Kick-off-program gebeur toe die Crusaders-rugbyspeler Bryn Hall sy spanmaat, die All Black Jack Goodhue, geterg het oor sy “mullet”-haarstyl.

Hall het gesê: “Die eintlike rede hoekom hy ’n mullet dra is omdat hy verloof is. Hy wil nie vir sy troue betaal nie, so hy hoop eintlik Women’s Day of Women’s Weekly betaal daarvoor, so rooikaart vir jou dat jy ’n Jood is, Jack, so daar’s hy my vriend.”

Goodhue (regs) saam met sy Crusaders-spanmaat Bryn Hall in 2018 voordat hy sy mullet-haarstyl gekweek het. Foto: Getty Images

Die persoon wat die klagte by die BSA ingedien het meen die uitspraak skend die diskriminasie- en verkleineer-standaard.

Die BSA het egter die klag verwerp en sê dit bevat nie die vlak van “geniepsigheid of kwaadwilligheid” om die standaard te oortree nie.

Volgens Juliet Moses, woordvoerder vir die Joodse Raad, is die besluit “uiters teleurstellend en eenvoudig skokkend”.

Moses sê sy was nie van die klag bewus nie voordat die besluit Dinsdag bekend gemaak is en dit sou die BSA niks gekos het om die raad daaroor te nader nie.

Volgens haar is die “Jood”-etiket ’n stereotipe wat eeue reeds skade aan die Joodse gemeenskap berokken.

“Dit is onaanvaarbaar dat die uitsaaier nie verantwoordelik gehou word nie,” sê sy.

“As Nieu-Seelanders een ding wys geword het uit die terreuraanvalle in Christchurch in Maart vanjaar, is dit die gevaar van stereotipering.”

Die BSA sê wel hy is bekommerd oor die gebruik van die woord “Jood” as ’n smet, al word dit “lighartig” bedoel.

“Daar is geen plek in Nieu-Seeland vir terloopse rassisme nie en dit is belangrik dat ons almal hard werk om weg te beweeg van dié tipe taalgebruik.”

Die BSA sê SKY Sports het om verskoning gevra en met die gaste van die program gepraat om te verhoed dat soortgelyke uitlatings in die toekoms gemaak word.

Meer oor:  Jode  |  Jack Goodhue  |  Toetsrugby  |  Crusaders  |  Superrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.