Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbyskrywer John du Toit (94) oorlede
John du Toit (voor links) en Quintus van Rooyen (langs hom) doen in 1981 verslag tydens die Bokke se toerwedstryd in die VSA teen ’n span van die Midwest Rugby Union in Racine, Wisconsin. Die Bokke het voor slegs ’n paar toeskouers met 46-12 gewen. Die daaropvolgende toetswedstryd teen die VSA in Albany is in die geheim gespeel. Foto: Wessel Oosthuizen

John du Toit, die vermaarde rugbyskrywer en voormalige losvoorspeler van Transvaal en Noord-Transvaal se rugbyspanne, is Maandagoggend in die ouderdom van 94 jaar oorlede.

Du Toit, wat jarelank verslag vir Beeld, Die Transvaler en Die Vaderland gedoen het, was op verskeie plaaslike en oorsese rugbytoere, onder meer die toere in 1965 na Nieu-Seeland en Australië, weer in 1981 na Nieu-Seeland en die VSA en ook na Frankryk en Brittanje.

Hy en sy gesin het sedert 1964 op hul kleinhoewe in Eikenhof buite Johannesburg gewoon. Hy het op die ouderdom van 72 afgetree.

Volgens sy vrou, Colleen, met wie hy 60 jaar getroud was, het hy verlede jaar ’n vierde heupoperasie ondergaan en het hy ‘nooit reggekom nie’. Hy het onlangs ook longonsteking opgedoen.

“Almal het hom as John geken, maar sy name was eintlik Johannes Francois. Sy familie het hom ‘Jan’ genoem.

“Die Engelse koerante het hom ‘John’ genoem en vandaar het die naam vasgesteek,” het Colleen Maandag gesê.

Du Toit word oorleef deur Colleen, ’n dogter (Elmarie), twee seuns, Nicol en Johannes Francois, 6 kleinkinders en drie agterkleinkinders.

Geen begrafnisreëlings is nog nie getref nie. – Sportredaksie

John du Toit druk ’n drie vir Transvaal in sy speeldae.Foto: Wessel Oosthuizen
Meer oor:  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.