Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Johnny sit skop in Pro14-eindstryd

Die Ierse losskakel Johnny Sexton se goeie taktiese skopwerk het Leinster se rugbyspan gehelp om Saterdag sy sesde Pro-titel te verower.

Die Leinster-span vier fees nadat hy sy Pro14-titel Saterdag suksesvol teen die Glasgow Warriors verdedig het.Foto: Getty Images

Leinster was voor 47 128 toeskouers by Celtic Park in Glasgow in die Pro14-eindstryd met 18-15 teen die Glasgow Warriors baas.

Die Warriors het meer vloeiende rugby opgedis, maar Sexton het die nat toestande goed uitgebuit met sy skopwerk. Die wenspan, wat teen rustyd met 15-10 voorgeloop het, se agttal was ook ’n rapsie beter as die Warriors s’n.

Daar was ’n omstrede oomblik toe Rob Kearnsey van Leinster Stuart Hogg van die Warriors in die lug bygedam het. Hogg, wat volgende seisoen vir Exeter gaan speel, is beseer en kon nie verder speel nie. Nigel Owens, skeidsregter, het Kearnsey egter net met ’n geelkaart gestraf.

Vir die Leinster-flank Seán O’Brien was die oorwinning ’n goeie afskeid. Hy sal voortaan sy rugby vir London Irish speel.

Punte

  • Leinster 18 (15). Drieë: Gary Ringrose en Cian Healy. Doelskop: Jonny Sexton. Strafskoppe: Sexton (2).
  • Warriors 15 (10). Drieë: Matt Fagerson, Grant Stewart. Doelskop: Adam Hastings. Strafskop: Hastings.
Meer oor:  Glasgow  |  Leinster  |  Glasgow Warriors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.