Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jonah Lomu se voormalige agent sterf

Phil Kingsley Jones, die agent wat die legendariese All Black-vleuel Jonah Lomu gehelp het om rugby se eerste superster te word, is Woensdag in die ouderdom van 72 oorlede.

Die legendariese All Black-vleuel Jonah Lomu en sy voormalige bestuurder Phil Kingsley Jones in 1999. Foto: Getty Images

Die Walliese gebore Kingsley Jones, wie se seun Kingsley Kanada se nasionale manspan afrig, se gesondheid het agteruitgegaan sedert hy maande gelede geval het.

Die minsame Kingsley Jones het in 1983 van Wallis na Nieu-Seeland emigreer en noue bande ontwikkel met Counties Manukau in die suide van Auckland, waar hy Lomu ontmoet het voordat dié kragtige vleuel in 1994 sy buiging vir die All Blacks gemaak het.

Kingsley Jones het Lomu se loopbaan tot 2004 bestuur.

“Hy het grense verskuif met wat hy gedoen het vir Jonah Lomu,” sê die voormalige Counties-kaptein Errol Brain.

“Hy was die pionier wat Jonah in rugby se eerste wêreldwye superster verander het, maar terselfdertyd beskeie gehou en verbind aan dit wat belangrik is, ons streek.

“Die invloed was so groot dat baie van die jong spelers wat deesdae deurkom hom steeds bewonder en bewus is van Jonah se nalatenskap.”

Lomu is in 2015 oorlede, kort nadat hy teruggekeer het van die Wêreldbekertoernooi in Engeland, weens komplikasies wat verband hou met ’n niersiekte waarmee hy sy lewe lank gesukkel het.

– Reuters

Meer oor:  Jonah Lomu  |  Phil Kingsley Jones  |  Toetsrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.