Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jones glo Rose het voordeel bo teenstanders

Eddie Jones glo dat Engeland ’n voorsprong bo sy teenstanders by die Wêreldbeker-rugbytoernooi het.

Die breier van die Rose glo die oefenkamp wat sy span in Mijazaki se hitte en humiditeit het, sal in sy guns tel wanneer hulle aanslag vir ’n tweede trofee afskop.

Eddie Jones spreek Saterdag die media toe in Mijazaki, Japan. Foto: Getty Images

Jones het ’n tiendag-oefenkamp beplan vir sy span in die suidelike eiland Kijoeshoe – dieselfde plek waar hy drie maande lank vir Japan gebrei het voor die Wêreldbekertoernooi in 2015, sodat hulle vinnig gewoond kan raak aan die toestande.

Maar volgens die Independent was selfs Jones verras oor die bloedige hitte waarmee die span begroet is met hul aankoms.

Temperature van bo 30 °C was aan die orde van die dag, met selfs erger hitte wat die span tref weens die tekort aan wind en die hoë humiditeit.

Nieu-Seeland en Ierland se basis tydens die toernooi is nader aan Tokio, waar die humiditeit nie so hoog is nie.

“Ons sien uit daarna om in humiditeit te speel,” het Jones gesê.

“Ons het daarvoor voorberei en dis natuurlik ’n groot deel van rugby in Japan in September en Oktober. Ons voel asof ons ’n voordeel gaan hê wanneer ons in humiditeit speel.”

Jones sê sy span meen hulle het goed aangepas by die toestande en is reg vir die toernooi om te begin.

Die eerste deel van die Wêreldbeker hang altyd af van jou reisskedule.
Eddie Jones

Die span se kaptein, Owen Farrell, glo ook hulle is gerat vir hul eerste wedstryd.

“Die humiditeit is hoog,” het Farrell gesê.

“Ons het nog nie te veel in dit (dié toestande) geoefen nie. Ons het baie voorbereiding in Treviso gedoen, waar die humiditeit ook hoog was, so ek voel asof ons ’n goeie fondament gelê het voordat ons na Japan gekom het.”

Die Engelse se bus ná hul aankoms in Japan is met vyf ure vertraag ná afloop van verlede naweek se tifoon Fasjai, wat chaos oor die Japanse hoofstad heen gesaai het.

“Die eerste deel van die Wêreldbeker hang altyd af van jou reisskedule,” het Jones gesê.

“Ons het ’n rowwe skedule gehad, maar ons is nou reg en gewoond aan die toestande. Die spelers het ’n bietjie gaan rondstap. Ons was doelbewus rustig die week wat oefening betref, maar van vandag (Saterdag) af sal dinge weer besiger raak.”

Hy glo wel nie dat die Japanse bevolking sy span as hul tweede keuse gaan aanvaar nie, selfs al was hy afrigter van die Dapper Bloeisels toe hulle die Springbokke in 2015 geklop het.

“Die Japanners is baie lief vir die All Blacks en dit gaan nie verander nie. Ek glo ons sal darem ook ’n goeie aantal ondersteuners hê,” het hy bygevoeg. – Sportredaksie

Meer oor:  Owen Farrell  |  Eddie Jones  |  Japan  |  Engeland  |  Rugbywêreldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.