Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jones: Ierse rugbyspan soos Djokovic
Owen Farrell die afgelope naweek teen Georgië in aksie. Engeland smeer hom vet vir ’n veel moeiliker kragmeting Saterdag met Ierland, wat deur Farrell se pa, Andy, afgerig word. Foto: Getty Images

Eddie Jones, afrigter van Engeland se rugbyspan, het ’n tennismetafoor gebruik om dit by sy spelers tuis te bring hoeveel moeiliker hul tweede toets in die Nasiesbeker-reeks gaan wees as hul eerste kragmeting die afgelope naweek.

Die Rose het hul veldtog met ’n klinkende oorwinning van 40-0 oor die onbesonge Georgië begin, maar kom nou Saterdag op Twickenham teen Ierland te staan.

Wat Jones oor dié stryd bekommer, is dat sy spelers nog nie werklik getoets is sedert die hervatting van internasionale rugby nie.

Voor die Georgië-oorwinning was Engeland se enigste ander toets die een teen Italië in die laaste ronde van die Sesnasies-reeks.

Jones het Italië egter (soos Georgië) as ’n vlak 2-toetsnasie beskryf en gesê dit gaan aansienlik moeiliker wees om ook met Ierland af te reken. Die Iere het sedert die Covid-19-onderbreking met Italië en Wallis afgereken en teen Frankryk in Parys verloor.

“Jy hoef maar net na die wêreldranglys te kyk. Dis soos om teen Nishikori te speel en dan volgende teen Djokovic,” het Jones gesê met verwysing na die tennisspelers Kei Nishikori en Novak Djokovic. Nishikori beklee tans die 40ste plek op die wêreldranglys, terwyl Djokovic die wêreld se nr. 1 is.

Ons probleem is dat ons teen twee vlak 2-nasies gespeel het en nou te staan kom teen ’n span wat uitstekende voorbereiding teen Frankryk en Wallis gehad het.
Eddie Jones

“Ons probleem is dat ons teen twee vlak 2-nasies gespeel het en nou te staan kom teen ’n span wat uitstekende voorbereiding teen Frankryk en Wallis gehad het.

“Ierland is ’n taai, fisieke span en tel die afgelope vier, vyf jaar as een van die wêreld se voorste spanne,” het Jones gesê.

Eddie Jones. Foto: Getty Images

“Ierland is ’n span wat die laaste klompie jare baie sukses in Europese rugby behaal het en sedert Andy Farrell (ná verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi) die leisels by Joe Schmidt geneem het, is hy ook ’n bietjie meer onvoorspelbaar op die aanval.

“Die Iere bied jou ’n enorme fisieke en goeie taktiese uitdaging,” het Jones gesê.

Ierland het die afgelope naweek gewys dat hy goed op dreef is deur Wallis met 32-9 in Dublin af te ransel. – Reuters

Meer oor:  Eddie Jones  |  Engeland  |  Ierland  |  Rose  |  Nasiesbeker  |  Afrigter  |  Sesnasies  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.