Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jong Bulle ‘dié keer gereed vir Pumas’

Die vorige keer wat die Bulle in die Laeveld gaan kuier het, het hulle ’n harde rugbyles by die Pumas gekry.

Daar was in daardie stadium van die Curriebeker-reeks nie veel op die spel vir die besoekers nie en Jake White het ’n jong en onbeproefde span gekies.

Die Bulle-slot Jan Uys op die aanval in ’n Curriebeker-stryd teen die Leeus op Loftus Versfeld vroeër vanjaar. Foto: Gallo Images

Dit was manne teen seuns en die tuisspan het met 44-14 geseëvier.

Wanneer die Bulle Dinsdag in die voorbereidingsreeks weer in die Mbombela-stadion teen die Pumas aantree, sal dit weer nie naby aan die Ligbloues se voorkeurspan wees nie.

Maar dié keer, sê die Bulle-slot Jan Uys, sal dit ’n ander storie wees.

“Ons ingesteldheid sal reg wees. In die vorige wedstryd het ons twee dae saam gehad op die oefenveld en daar was baie ontwrigting. Ek glo 100% dit sal nie weer dieselfde uitslag wees nie.

“Hulle is fisiek en ons moet hulle voor takel.”

Die 27-jarige Uys is een van die spelers wat in die voorbereidingsreeks poog om hom in die Bulle-beginspan te vestig.

Was dit ’n goeie besluit om Brive in Frankryk, waar hy sy brood en botter in euro’s verdien het, te verruil vir die Bulle?

“Beslis. Dit was ’n no brainer. Om onder Jake White te kom speel, ek het geweet dit sal my ’n beter speler maak.

“Dit is ’n voorreg. Jy kan sien watter verskil hy (White) gemaak het by al die vorige spanne met sy wen-mentaliteit.”

Dit was ’n no brainer. Om onder Jake White te kom speel, ek het geweet dit sal my ’n beter speler maak.
Jan Uys

Uys, wat by Paul Roos Gimnasium op die skoolbanke gesit het en vir die Westelike Provinsie se junior en senior spanne gespeel het, skerts die skuif Bulle toe is ’n groter aanpassing vir sy pa.

“Hy het nog nooit voorheen vir die Bulle geskree nie,” sê Uys met ’n groot glimlag.

Hy is in 2015 Kings toe in die hoop dat hy in die Baai senior rugby sal speel.

“Eben-hulle (Etzebeth) was toe nog by die WP en dit was in daardie stadium die regte besluit. Dinge het toe nie so uitgewerk nie, met die Kings wat gelikwideer is.”

Uys is toe Frankryk toe waar hy op die harde manier geleer het om sy man te staan op die rugbyveld.

“Ek het grootgeword daar. Jy moet hard wees om vir Brive te speel. Dit is ’n klein dorpie en nie ’n lekker plek vir besoekende spanne nie. Die spel is nie so vinnig nie, maar baie fisiek.

“Van die (Franse) spanne het slotte van 130 kg, 135 kg en agtstemanne wat tot 140 kg weeg.”

Meer oor:  Pumas  |  Jake White  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.