Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jong Haaie-slot skuif Frankryk toe
JJ van der Mescht verlaat die Haaie om hom by Stade Francais in Parys aan te sluit. Foto: Gallo Images

Die jong reus JJ van der Mescht is vroeër van sy kontrak by die Haaie vrygestel om hom by Stade Francais in Parys aan te sluit.

Die slot Van der Mescht (22) het hom in 2018 by die Haaie aangesluit en was deel van die unie se o.19-span wat die nasionale o.19-kampioenskap daardie jaar gewen het.

Van der Mescht staan 1,98 m in sy sokkies en weeg ’n massiewe 135 kg. Die Haaie se uitvoerende hoof, Eduard Coetzee, sê hulle is teleurgesteld om ’n jong speler van sy kaliber te verloor.

“Hy het ongelooflike potensiaal en ons hoop sy skuif na Frankryk gee vir hom nuwe motivering om aan sy fiksheid en dissipline te werk,” sê Coetzee.

“Ons wens hom die beste toe vir die volgende hoofstuk van sy loopbaan.”

Van der Mescht se laaste wedstryd vir die Haaie was verlede week teen die Britse en Ierse Leeus.

Meer oor:  Haaie  |  Stade Francais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.