Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Jong Leeus en Bulle in eindstryd
Runaldo Pedro het twee drieë gedruk in die Leeus se o.21-span se oorwinning Sondag oor die Westelike Provinsie. Foto: Gallo Images

Die Leeus en die Blou Bulle se o.21-spanne pak mekaar Vrydag op Ellispark in Johannesburg in die eindstryd van die nasionale reeks.

Die Bulle het reeds verlede week hul plek in die eindstryd bespreek, maar die Leeus het eers Sondag met ’n oortuigende oorwinning van 54-19 oor die Westelike Provinsie van sy plek seker gemaak.

Die Leeus, wat met rustyd reeds met 23-7 voorgeloop het, het sewe drieë in hul sege oor die WP gedruk.

Francke Horn en Runaldo Pedro het elkeen twee keer die doellyn vir die wenspan gekruis.

In nog ’n groepwedstryd in die reeks, wat ook Sondag in Johannesburg gespeel is, het die Vrystaat met 40-21 teen die Haaie gewen.

Die Haaie het aanvanklik goed bygehou, maar het teen die einde nie raad gehad met die Vrystaters se opwindende teenaanvalle nie.

• Puntemakers: Leeus o.21 54 (23): Drieë: Asenathi Ntlabakanye, Francke Horn (2), Ngia Selengbe, Runaldo Pedro (2), Emmanuel Tshituka. Doelskoppe: Luke Rossouw (5). Strafdoele: Luke Rossouw (3). Westelike Provinsie o.21 19 (7): Drieë: Jarrod Taylor, Marcel Theunissen, Strafdrie. Doelskop: Christopher Schreuder.

Vrystaat o.21 40 (21): Drieë: Shayne Bolton, Janus Venter, Siyanda Cele, Cohen Jasper, Juandre Sabbat, Conan le Fleur. Doelskoppe: Charles Williams (4), Franco Smith. Haaie o.21 21 (14): Drieë: Adam Mountfort, Thaakir Abrahams, DJ Falconer. Doelskoppe: Murray Koster (3). – Sportredaksie

Meer oor:  Ellispark  |  Goue Leeus  |  Westelike Provinsie  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.