Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbyspelers ‘vasgegom aan selfone’

Die uitgesproke Engelsman James Haskell kap jong rugbyspelers se gebrek aan sosiale vaardighede en is bevrees hulle sal die slagoffers word van ’n toenemend roekelose omgewing.

James Haskell sê jong rugbyspelers besef nie hoe taai die lewe ná die sport kan wees nie. Foto: Getty Images

Stuff berig Haskell (33) is veral bekommerd oor jong beroepspelers se vermoë om die negatiewe aspekte van ’n loopbaan in sport baas te raak.

“So baie spelers, veral die jonges, al wat hulle ken is rugby, al wat hulle wil doen is rugby speel en rugbyspelers wees,” sê die losvoorspeler, wat 77 toetse vir die Rose gespeel het.

“Hulle is 24 uur per dag vasgegom aan hul selfone, hulle oefen en dan gaan hulle huis toe en speel videospeletjies.

“Hulle kort sosiale vaardighede, hulle word deur die media gepamperlang, so jy hoor gedurig net dieselfde vervelige antwoorde.

“Dan, skielik eendag sê iemand vir hulle ‘weet jy wat, jou knie is erg beseer, ek dink nie jy gaan weer kan speel nie’.

“Rugby is ’n besigheid en dit is besig om baie meer roekeloos te word. Jy moet onthou jy is ’n kommoditeit en sodra jy nie meer jou doel dien nie, is jy eintlik niks.”

Haskell het ’n jaar laas vir Engeland uitgedraf en dit blyk hy is nie deel van die span se afrigter, Eddie Jones, se planne vir die Wêreldbekertoernooi nie.

Hy is uitgesproke en een van min Engelse spelers wat sy horisonne verbreed het deur sy vaardighede oorsee te skaaf. Hy het Superrugby vir die Highlanders gespeel en ’n draai by ’n paar Japanse en Franse klubs gemaak.

Haskell, wat lank vir Willie le Roux se Wasps gespeel het, verdien deesdae sy brood by die Northampton Saints in die Engelse Premierliga.

Hy het ’n boek, Cooking for Fitness, uitgereik wat hy saam met die sjef Omar Meziane geskryf het.

Haskell het onlangs met sy vriendin van baie jare, die persoonlike fiksheidsinstrukteur Chloe Madeley, getrou.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  Superrugby  |  Sesnasies  |  James Haskell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.