Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
JP word weer ’n Haai vir Curriebeker

JP Pietersen kan reeds in die Curriebekerreeks weer in die trui van die Haaie speel.

Onderhandelinge tussen hom en sy voormalige werkgewer, waar hy sy rugby van 2005 tot 2016 gespeel het, is volgens ’n onberispelike bron byna gefinaliseer.

JP Pietersen is op pad terug Durban toe. Foto: Gallo Images

Pietersen moet diepte en ervaring bied aan ’n Haaie-agterlyn wat in die Curriebeker sonder Wêreldbekerspelers soos Makazole Mapimpi, S’bu Nkosi en Lu­khanyo Am moet klaarkom. André Esterhuizen kan ook die Curriebeker weens Springbok-verpligtinge misloop.

Daar word beplan dat die 32-jarige Pietersen nog in vanjaar se Curriebeker, volgende jaar se Superreeks en in 2020 se Currie­beker vir die Haaie sal speel.

Rapport verneem die Haaie wil hom egter aan die einde van 2020 ’n driejaarkontrak as een van die afrigters van hul junior spanne aanbied.

Pietersen self het die afgelope week op Twitter aangekondig hy bly nie by sy Franse klub, Toulon, aan nie.

Hy het hom in 2017 by dié klub aangesluit. Hy het in 2016 en 2017 ook die Engelse klubspan Leicester Tigers verteenwoordig.

Die Haaie probeer hard aan hul kultuur werk en hoop dat ervare spelers soos Pietersen daarmee kan help.

Die Durbaniete se belangstelling in Pietersen het onlangs verhoog toe Ruan Pienaar laat blyk het dat hy nie na Durban gaan terugkeer nie.

Bok-vleuel moet nuwe kultuur help vestig

Pienaar sal hom na verwagting by die Cheetahs aansluit om hulle in die Curriebeker te verteenwoordig. Die Cheetahs wag op sy finale antwoord nadat hulle ’n aanbod aan hom gemaak het.

Met Frans Steyn wat ook planne het om hom weer van volgende jaar af in Bloemfontein te vestig, kan die voormalige spanmaats van Montpellier in 2020 selfs die Cheetahs se skakelpaar vorm.

Die moontlikheid bestaan egter ook dat Pienaar na sy tuiste in Belfast in Ierland kan terugkeer.

Sy huisgesin het juis in Belfast gebly toe hy in Frankryk vir Montpellier gespeel het.

Rapport kon nie ’n verteenwoordiger van die Haaie vir kommentaar opspoor nie.

Meer oor:  Curriebekerreeks  |  Jp Pietersen  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.