Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Junior Bok Griekwas se nr. 9 teen WP

Griekwas, wat die naweek op Nuweland sal poog om in die Curriebeker-wedloop te bly, het ses veranderinge aangebring aan die span wat verlede week met die Vrystaat-Cheetahs afgereken het.

Zak Burger / Foto: Gallo Images

Dieselfde voorry – Nicolaas Oosthuizen, Khwezi Mkhafu, Devon Martinus – wat twee weke gelede teen die Blou Bulle gekies is, is terug vir die rugbystryd teen die Westelike Provinsie.

Dít is drie van die vyf veranderinge onder die agttal.

Die haker Wilmar Arnoldi se seisoen is verby weens ’n skouerbesering en Mkhafu is weer betrek.

Conway Pretorius is terug op agtsteman nadat hy die wedstryd teen die Vrystaat misgeloop het.

FP Pelser, wat twee drieë in die wedstryd gedruk het, begin weer op slot.

Die Junior Springbok Zak Burger se insluiting op skrumskakel die enigste verandering onder die agterspelers.

Hy vervang die beseerde Christiaan Meyer, wat sy duim teen die Vrystaat-Cheetahs beseer het.

Burger het ’n goeie wedstryd beleef toe hy Meyer verlede Saterdag in Kimberley vervang het.

* Griekwas: AJ Coertzen, Ederies Arendse, Kyle Steyn (k), André Swarts, Enver Brandt, George Whitehead, Zak Burger, Conway Pretorius, Sias Koen, Eital Bredenkamp, Pieter Jansen van Vuren, FP Pelser, Nicolaas Oosthuizen, Khwezi Mkhafu, Devon Martinus. PLAAVERVANGERS: AJ le Roux, Liam Hendricks, Ewald van der Westhuizen, Sintu Manjezi, Stephan Janse van Rensburg, Wendal Wehr, Christopher Bosch.

Curriebeker: Bepalings

Curriebeker: Puntelys

Curriebeker: Uitslae

Meer oor:  Wp  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.